ʼn Man in sy 40’s het Vrydagoggend in die Kliprivier in Meyerton, Gauteng, verdrink.
Alles vir die sleutelwoord "verdrinkings"
Man se liggaam in oordswembad gevind
ʼn Man se liggaam is Maandagoggend in ʼn swembad by ʼn oord in die Hoedspruit-omgewing in Limpopo gevind.
Meisie (5) verdrink byna in swembad
ʼn Vyfjarige meisie is Sondag in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat sy byna in ʼn swembad by ʼn huis verdrink het.
Twee liggame in damme gevind
Die liggaam van ʼn man in sy 30’s Saterdagoggend in die dam by die Kestell-gholfklub gesien dryf. Die ander in ‘n dam langs Rosendal se rioolaanleg.
Kind kritiek nadat hy byna verdrink
ʼn Tweejarige seuntjie is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Saterdag byna in ʼn swembad verdink het.
Verkeersbeampte verdrink in bergdam
ʼn 31-jarige verkeersbeampte van Groblersdal in Limpopo het Donderdag in ʼn dam buite die dorp verdrink.
Bejaarde verdrink in getypoel
ʼn Man, vermoedelik in sy 70’s, van Gauteng het Dinsdag in ʼn getyswembad op ʼn strand noord van Durban verdrink.
Eenjarige verdrink in swembad
Paramedici het Woensdagmiddag tevergeefs langer as ʼn uur gepoog om ʼn eenjarige dogtertjie se lewe te red wat in ʼn swembad by ʼn huis verdrink het.
Tragedie by Pta-oord: Jong slagoffer se naam bekend
Die jongman wat Saterdag dood is toe hy van die rotse by ʼn gewilde vakansieoord oos van Pretoria in die water gespring het, se naam is bekend gemaak.
Jong man sterf by gewilde Pta-oord
ʼn 24-jarige man is Saterdag by ʼn gewilde vakansieoord oos van Pretoria dood.
Man verdrink voor vriend tydens visvanguitstappie
ʼn 35-jarige man van Bethlehem in die Vrystaat het in ʼn dam buite die dorp verdrink toe hy en ʼn vriend gaan visvang het.
Plaaswerkers se lyke in kanaal gevind
Twee mans se liggame is in ʼn kanaal in die Kakamas-omgewing in die Noord-Kaap gevind.
Skoolskoen lei polisie na vermiste seun (7) se liggaam
Die liggaam van ʼn sewejarige seun is Woensdag gevind nadat hy vroeër vandeesweek ná skool nie by die huis opgedaag het nie.
‘Wonderwerkseun’ (3) uit die hospitaal ontslaan
“Hy is nou heeltemal gesond en ook tien keer stouter,” sê ʼn dankbare ma, Mary Mostert (37), skertsend terwyl haar driejarige seuntjie, wat byna ʼn week tevore by die dood omgedraai het, oor haar klouter en haar aan haar hare trek.
Seun (3) sê eerste woorde ná hy amper verdrink
“Dit was die beste gevoel om sy oë te sien oopgaan. Hy is ʼn wonderwerk. Ek het hom Sondag in my arms vasgehou en hy was dood, blou en pap.”
Sewejarige se liggaam in plaasdam gekry
Die liggaam van ʼn sewejarige seun wat sedert Woensdagmiddag vermis was, is Donderdagoggend in ʼn plaasdam in die Randfontein-omgewing aan die Wes-Rand gevind.
Drie tienermeisies verdrink saam
Drie tienermeisies het Maandagmiddag verdrink toe hulle saam gaan swem het.
Tiener vermis ná hy in see verdwyn
ʼn Soektog is van stapel gestuur na ʼn tienerseun, wat Sondag in die see aan die Suidkus vermis geraak het, toe hy saam met sy broer en vriende gaan swem het.
Tiener verdrink toe hy saam met vriende gaan swem
Die seun het omstreeks 15:30 saam met vriende gaan swem toe hy in die moeilikheid beland en verdrink het.
Tiener verdrink in Kliprivier
ʼn Tienerseun het in die Kliprivier naby Witbank in Mpumalanga verdrink.