Die departement van maatskaplike ontwikkeling sal eersdaags sy bevindinge bekend maak van ʼn voorlopige ondersoek nadat drie meisies wat glo inwoners is van ʼn bekende kinderhuis in Vereeniging, Gauteng, verskeie aantygings oor die toestand daar in ʼn selfoonvideo gemaak het.
Alles vir die sleutelwoord "Vereeniging"
Bekende kinderhuis in herrie oor video
ʼn Bekende kinderhuis in Vereeniging, Gauteng, bevind hom in die middel van ʼn sosialemediaherrie nadat drie meisies kommerwekkende aantygings oor die toestand daar op ʼn selfoonvideo gemaak het.
Vereeniging-man ure voor kleindogter se geboorte doodgeskiet
“Dit maak die familie se droefheid oor sy dood soveel erger. Hy gaan haar nooit ken nie en erger nog, sy kleindogter sal nooit haar oupa ken nie.”
Man koelbloedig tydens rooftog doodgeskiet
ʼn Man is Maandagoggend tydens ʼn rooftog voor ʼn onderneming in Drie Riviere in Vereeniging doodgeskiet, voordat die verdagtes met sy Ford Ranger-bakkie op die vlug geslaan het.
Jayvan se kankerstryd: ‘Ons het alles verloor, behalwe geloof’
“Dit gaan goor. Ons is stukkend; verpletter. Ons het niks oor na dié jaar nie. Ek het alles verloor behalwe my geloof. In dié stadium weet ons nie of ons sink of swem nie. Wat ek wel hoop, is dat ons eendag hierna sal terugkyk met dankbaarheid dat die Here ons deurgedra het.”
Twee dood in trompop botsing
Die bestuurders van albei voertuie is op die toneel dood verklaar.
Rower skiet huiseienaar, makker en toe homself
Drie mense is Dinsdag in ʼn huis in Vereeniging doodgeskiet.
Man sterf week ná aanval
“Hy was in ʼn koma sedert hulle die koeël uit sy maag verwyder het. Hy het ook bloeding op die brein gehad en sy bloeddruk het geval.”
Man kritiek ná aanval op kleinhoewe
ʼn Man is in ‘n kritieke toestand nadat hy op ʼn kleinhoewe buite Vereeniging deur gewapende rowers oorval en twee keer geskiet is.
Twee kritiek ná skool onder bye deurloop
Minstens 20 mense, insluitend talle kinders, is na ʼn hospitaal geneem nadat hulle deur ʼn swerm bye aangeval is by ʼn skool in Vereeniging.
Aanvallers ‘vier fees’ voor hulle man doodslaan
Naderhand het die aanvallers hul aandag weer op Buks toegespits wat steeds bewusteloos op die grond gelê het. “Hulle het hom verskeie dodelike houe met ʼn graaf toegedien.”
‘Nou kan my seuntjie ʼn normale lewe hê’
Eers is haar man in Drie Riviere, Vereeniging, oorval, geskiet en later dood. Dít nadat die gesin skaars twee weke in dié nuwe huis was. Toe kom nóg slegte nuus: Haar seun is gediagnoseer met beenkanker. Met sewe kinders onder een dak en nét een salaris was Carin Janse van Rensburg telkemale raadop. Toe stel die dokters ʼn ultimatum: R1 miljoen vir ʼn operasie om sy lewe te red of sy moet afskeid neem.
AWB-hoë, nog ʼn lid vas oor arsenaal wapens
ʼn Hoë in die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) in die Vaaldriehoek is saam met nog ʼn AWB-lid deur die Valke in hegtenis geneem nadat daar glo wapens en ammunisie in hul besit gevind is.
Vrou vind verlore trouring
Skaars twee uur nadat Maroela Media berig het oor Benedet Thurling van Vereeniging wat haar trouring in die River Square-winkelsentrum verloor het, is haar ring, danksy ʼn op-en-wakker-leser, aan haar terugbesorg.
Vrou span Facebook in om verlore trouring te vind
Benedet Thurling van Vereeniging in Gauteng het haar tot sosiale media gewend om haar verlore trouring op te spoor wat sy by die River Square-winkelsentrum in dié dorp verlê het.
Vereeniging maklik baas teen NWU Vaal Pukke
Vereeniging het die afgelope Saterdag sy jaarlikse derby teen die NWU Vaal Pukke in die opstellende ronde van die Valke se Peregrineliga oortuigend 43-17 gewen.
Man sterf ná water vierwiel meesleur
ʼn Man is dood nadat sy vierwielmotorfiets glo in Vereeniging deur water oor ʼn brug meegesleur is.
‘Engel’ wat dogtertjie red opgespoor
Die man wat moontlik die vierjarige Winique van Zyl van Vereeniging se lewe gered het, is opgespoor.
Gesin soek ‘engel’ wat dogter red
ʼn Gesin van Vereeniging is op soek na ʼn man wat moontlik hul vierjarige dogtertjie se lewe gered het.
Man glo van bewegende trein gegooi
ʼn 23-jarige man is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Maandagaand na bewering van ʼn bewegende trein naby die Vereeniging-stasie in Gauteng gegooi is.