“Ek is heel tevrede dat ons kantore gereed sal wees om ons landsburgers oor die komende naweek te help.”
Alles vir die sleutelwoord "Verkiesing 2019"
Nuuskommentaar: Die ABC van die verkiesing
Dit blyk dat daar voor die algemene verkiesing nog heelwat misverstande oor begrippe is. Van die onkunde word hier uitgespel.
Alle politieke fokus op Bonteheuwel
Vandag se belangrike tussenverkiesing in wyk 31 sal ʼn sterk aanduiding gee van hoe die politieke wind vanjaar kan waai vir die bruin stedelike stem op die Kaapse Vlakte.
Nuuskommentaar: Prômisses, prômisses, want dis verkiesingstyd
Verskeie faktore gaan bepaal of die ANC in die komende algemene verkiesing 65% van die stemme gaan trek en of daar te veel los drade is wat vir Ramaphosa kan kniehalter.
Lesersbrief: Vir wie gaan jy stem?
Met die nasionale verkiesing op hande is die vraag natuurlik vir watter party moet mens stem? Die antwoord is eintlik heel eenvoudig meen ‘n Maroela-leser.
President belowe werkskepping, transformasie en ekonomiese groei
Ramaphosa het gepraat by die ANC se 107de verjaardagviering en die bekendstelling van die party se 2019-verkiesingsmanifes. Die stadion was volgepak met ondersteuners wat vanaf 06:00 vanoggend die stadion binnegestroom het.
ANC ‘sal Moses Mabhida-stadion vandag volpak’
Ramaphosa en ander senior ANC-lede deurkruis KwaZulu-Natal sedert verlede naweek om ondersteuning te werf vir die bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes en stemme te werf vir die komende verkiesing.
OVK vorder met kiesersrol
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het gesê hy het aansienlik gevorder in die bywerking van die kiesersrol.
Wees debatvoerders, nie apologete nie
Wees in 2019 ʼn debatvoerder – iemand wat roekelose uitlatings uitdaag en bevraagteken en dit nie klakkeloos navolg nie. En wees iemand wat bereid is om die ongewilde standpunt in te neem en verwerp politieke korrektheid – veral wanneer dit teenstrydig is met die waarheid.
Verkiesing voor einde Mei geproklameer
Soos die tendens wêreldwyd ook is, is Suid-Afrikaanse kiesers onder 30 jaar die traagste om hul kruisies te trek.
Verkiesingskoors eis tol onder politici
“Electionitis”, oftewel verkiesingskoors, se simptome is verhoogde angs by politici, ’n skielike werkywer, behoefte aan mediadekking, die ontstaan van ’n duisternis nuwe partye en ’n geneigdheid by politieke partye om tot die laaste oomblik te wag voor hulle kandidaatlyste finaliseer.
Peiling bevind daling in DA-steun
Die marknavorsingsgroep Ipsos Markinor het hul jongste meningspeiling bekend gemaak – en dit lyk nie goed vir die DA nie.
Nuuskommentaar: Tussen die duiwel en die diep blou see lê Clifton-strand
Dit lyk of die huidige politieke woelinge in die groter partye vir kleiner, beginselgedrewe partye ’n sonderlinge geleentheid bied om hul regmatige steun te kry, en so minder kiesers wesenlik ontkieser. ’n Belangrike voorbehoud is dat die konsep van koalisiepolitiek meer aandag kry.
Kiesers sonder bevestigde adresse kan nie provinsiaal stem
Kiesers wie se volledige adresse nie op die kieserslys aangebring is nie, sal volgende jaar slegs vir die nasionale parlement kan stem, maar nie op provinsiale vlak nie, het die Verkiesingskommissie (OVK) vandag aangekondig.
Podlitiek-onderhoude: Danie Barnard oor aktivisme en entrepreneurskap
In hierdie episode gesels die twee Daniels en Paul met Danie Barnard, aktivis en entrepreneur, oor die invloed van sosiale media op die samelewing, kripto-geldeenhede asook die 2019-verkiesing.
OVK kry meer tyd om kiesersadresse op te dateer
Die OVK het die hof se beslissing verwelkom en gesê dit verskaf duidelikheid oor die status van die kieslys en veral dié kiesers sonder adresse voor volgende jaar se nasionale en provinsiale verkiesing.
Podlitiek-onderhoude: Dawie Scholtz praat oor die 2019-verkiesing
Dawie is ʼn groot voorstander van die gebruik van meningsopnames, peilings en data in die verkiesingsproses en glo dat dit selfs in Suid-Afrika van besondere belang is. Hierdie gesprek onderstreep hoe hierdie data in Suid-Afrika gesien moet word en ook wat dit vir ons Suid-Afrikaners op voetsoolvlak beteken.
ANC beplan ʼn ‘oorweldigende oorwinning’ in 2019
Die ANC is besig met strategieë en om maatreëls te formuleer om sy strukture binne gemeenskappe op te knap om seker te maak die party het ʼn oorweldigende meerderheid in die 2019- nasionale en provinsiale verkiesings, het beamptes Saterdag gesê.
OVK gereed vir elektroniese stemproses; partye skop vas
“As daar nou een ding is waaroor politieke partye saamstem, is dat hulle nie wil hê ons moet van die papierstem na elektroniese stem oorgaan nie.”
Die 2019-verkiesing: voorspel tot ’n kritieke moment
Die verkiesing van 2019 gaan die mees kritieke een sedert 1994 wees, op provinsiale vlak vir die Demokratiese Alliansie en op nasionale vlak vir die hele land.