“Dié soort haatspraak wat gedurig uit sy mond kom, is uiters opswepend en is dikwels die vonk in die kruitvat wat lei tot gewelddadige aanvalle en selfs moord op plase.”
Alles vir die sleutelwoord "Verkiesing 2019"
Afrikaners is nie stemvee wat hulle om die bos sal laat lei nie
Ons as bevryde Afrikaners weet wie en wat ons is en is trots op ons herkoms, ons geskiedenis en ons vele bydraes tot Suid-Afrika. Ons het nie wéér ʼn oomblik van bevryding nodig nie. Ons verlang net vryheid binne ʼn regverdige bestel en dit is iets wat min politieke leiers of partye wil bied.
Rekordgetal SA’ners registreer om oorsee te stem
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Donderdag bekend gemaak ʼn rekordgetal Suid-Afrikaners in die buiteland het geregistreer om te stem in die komende verkiesing.
Die VF+ ‘slaan terug’, maar is dit ’n uitklophou?
Die opkomende verkiesing is ’n deurslaggewende een tot ons land se toekoms. Politieke partye word genoop om teoreties en takties foutloos te wees ten einde die volle potensiaal en waarde van hul kieserskorps te ontsluit.
Podlitiek: Zuma-spioene, verkiesingsbewerings en die Reserwebank
Hierdie week se bespreking gaan oor die Zuma-spioene, die Instituut van Rasseverhoudinge (IRV) wat verkiesingbewerings maak en die Reserwebank se nasionalisering.
Verkiesing 2019: Partye moet opskud om te registreer
Suid-Afrikaanse politieke partye het tot Woensdag kans om aan die OVK-vereistes te voldoen om vir die verkiesing te registreer.
Verkiesing: Meer jongmense dalk goeie nuus vir EFF
Die politieke ontleder Judith February sê gegewe dat die EFF proporsioneel meer van sy steun by jeugdige kiesers kry as ander partye, kan dit die EFF relatief gesproke bevoordeel.
ANC-hoë bevraagteken tydsberekening van aanklagte
“Die nasionale en provinsiale verkiesings word op 8 Mei 2019 gehou, [en] ek kan nie ʼn posisie as staatsamptenaar aanvaar nie omdat hierdie saak oor my kop hang.”
Menings verskil diep oor Ramaphosa se sukseskanse
Die hare het Maandag by die Woordfees in Stellenbosch gewaai toe die politieke analiste Moeletsi Mbeki, Piet Croucamp en Prince Mashele erg verskil het oor of pres. Cyril Ramaphosa suksesvol gaan wees as staatshoof.
Nóg hier, nóg DA
Die probleem is dat die DA totaal en al versuim het om ernstige en sinvolle aandag te gee aan die kwessies van absolute gelykheid, geregtigheid en regverdigheid, wat sentraal staan tot byna alle konflik in ons land, skryf Monica Mynhardt. Eerder as om met politieke integriteit ʼn ideologiese posisie in te neem, het hulle gepoog om almal gelukkig te hou, meen sy.
ANC ontken hy het SAUK ‘geboelie’
“Ons sal voortgaan om met die SAUK samesprekings te voer wanneer ons glo ons word onregverdig behandel.”
Manifesbekendstellings: Leiers praat oor grond, minderhede en Afrikaans
Die leiers van die VF Plus, DA en die ANC het vandag op verskillende plekke in die land skares ondersteuners toegespreek tydens die bekendstelling van hul onderskeie verkiesingsmanifeste.
Lang messe uit oor partye se kandidaatlyste
Die lang messe is uit in politieke partye namate die spertyd vir die indiening van kandidaatlyste vir vanjaar se verkiesing nader kom.
Ramaphosa proklameer verkiesingsdatum
Noudat die verkiesingsdatum geproklameer is, kan kiesers nie meer registreer om te stem nie.
Mboweni se balanseertoertjie
Dat Mboweni die probleem van die oneffektiewe staatsdiens wat die begroting dreineer, pak, en dat hy die vermindering van poste en die vermindering van voordele in vooruitsig stel, is uiters noodsaaklik, maar ook besonder dapper in ’n verkiesingsjaar.
Laaste dag om vir verkiesing te registreer
Vandag is die laaste dag om vir vanjaar se algemene verkiesing te registreer, want 8 Mei word more amptelik deur pres. Cyril Ramaphosa as stemdatum geproklameer.
Maimane se plan vir SA
Mmusi Maimane, leier van die DA, het Saterdag die party se “plan vir verandering” uiteengesit met die bekendstelling van sy verkiesingsmanifes.
Maimane: ‘Korrupsie het mense se waardigheid gesteel’
Mmusi Maimane, leier van die DA, het Saterdag tydens die party se bekendstelling van sy verkiesingsmanifes gesê Suid-Afrika kort verandering.
Meer diplomate ontplooi sodat SA’ners in buiteland kan stem
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Dinsdag ʼn inligtingsessie gehou met Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge, om haar op hoogte te bring van die voortgesette logistieke reëlings om te verseker dat Suid-Afrikaners in die buiteland in die opkomende algemene verkiesing kan stem.
Nuuskommentaar: Kwyn die ANC?
’n Uitgelekte huishoudelike peiling dui daarop dat steun vir die ANC steeds aan die afneem is, en in Gauteng selfs tot laer as 50% kan daal. Maar hoe raak dit ander partye, en wat is die slaggate waarop partye moet let?