Twee instansies het op 1 April hul teenkanting teen pres. Jacob Zuma se kandidatuur op die ANC se verkiesingslys laat blyk. Beide instansies vermeld dat dit oor die Openbare Beskermer se Nkandla-verslag handel.
Alles vir die sleutelwoord "verkiesing"
DA en ANC vandag in hof oor Zuma-SMS
Die ANC bring Woensdag ʼn dringende hofbevel voor die hooggeregshof in Johannesburg, aangesien die party meen dat die DA die verkiesing se gedragskode geskend het.
Nkandla-verslag: D-dag vir Zuma
Alle oë is vandag op die parlement gerig om te sien of president Jacob Zuma kommentaar gaan lewer op die Nkandla-verslag van die Openbare Beskermer, adv. Thuli Mandonsela.
TLU teken beswaar aan teen Zuma
TLU SA het beswaar aangeteken teen pres. Jacob Zuma as kandidaat vir die verkiesing op 7 Mei, het die landbou-unie Dinsdag gesê.
Weg met landbou-minister, sê VF+
Die Vryheidsfront Plus het Dinsdag gesê Tina Joemat-Pettersson, die minister van landbou, se uitlatings is skadelik vir landbou en sy verdien nie om ná die verkiesing weer aangestel te word nie.
Nkandla-verslag: OB reageer op kritiek
Thuli Mandonsela, die Openbare Beskermer, sê ANC-leiers val haar aan oor die Nkandla-verslag sodat hulle winsgewende werksgeleenthede ná die verkiesing kan kry, het The Star berig.
PAC se bankrekeninge gevries
Die Pan Africanist Congress sukkel om verkiesingsveldtogte te hou, aangesien sy bankrekening gevries is, het die Sunday Times berig.
DA sal kantoorspasie vir R1 verhuur
Die DA sal kantoorspasie aan klein ondernemings in Gauteng uitverhuur teen R1 per jaar indien hy die provinsie in vanjaar se verkiesing wen, het Mmusi Maimane, die party se premierskandidaat in Gauteng, Saterdag gesê.
“Zuma moet tronk toe” – Malema
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Saterdag gesê pres. Jacob Zuma moet in hegtenis geneem word omdat hy staatsgeld gesteel het.
ANC se verkiesingsveldtog by Kaapstadse Jazzfees
ANC-hoës sal na verwagting hul verkiesingshoede opsit tydens die Kaapstadse jazzfees wat hierdie naweek plaasvind.
SA kan herstel word – Zille
Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie, het Vrydag gesê daar is niks fout met Suid-Afrika wat nie herstel kan word nie.
ANC pak DA oor “korrupsie”-SMS
Die DA het die ANC se besluit verwelkom om die hooggeregshof in Johannesburg te nader, aangesien die ANC meen dat die DA die verkiesing se gedragskode geskend het.
Nkandla-saak: Polisie soek staatsaanklaer
Die Demokratiese Alliansie (DA) het bekend gemaak dat die polisie op soek is na ʼn staatsaanklaer vir die omstrede Nkandla-saak.
Godsdiensuitsprake is aanstootlik, sê CDP
Die Christen-Demokratiese Party gaan ʼn saak by die Kommissie vir die Bevordering en die Beskerming van die Regte van Taal-, Godsdiens- en Kultuurgemeenskappe indien ná ʼn uitlating deur die voorsitter van die ANC in die Noord-Kaap.
Agang SA versoek Tlakula se uittrede
Agang SA het Donderdag die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), Pansy Tlakula, versoek om tot na die verkiesing uit te tree.
Nuuskommentaar: Nkandla dui op politieke noodtoestand
Onder die huidige feitestelling is dit duidelik dat die luukse om weg te bly van die stembus om die ANC te beperk, net nie bestaan nie.
Verkiesing: 29 partye gaan deelneem
Altesaam 29 partye sal op 7 Mei aan die nasionale verkiesing deelneem.
Nuuskommentaar: Gaan ons verkiesing vry en regverdig wees?
Die SAUK word gereeld daarvan beskuldig dat dit ‘n geval is van “His master’s Voice.”
Nuuskommentaar: Afrikaner en ander minderhede in die verkiesing
Te midde van die Nkandla-skandaal en ander kwessies wat ‘n aanslag teen die ANC se onaantasbaarheid loods, het ‘n kwalik opgemerkte stukkie fynskrif algaande die status van vetdruk begin verwerf – die rol van die Afrikaner en ander minderhede in die komende verkiesing.
Omstrede Thaise verkiesing ongrondwetlik verklaar
Die grondwetlike hof in Thailand het die omstrede verkiesing van 2 Februarie vanjaar ongrondwetlik verklaar – maar op grond van ‘n baie tegniese punt en nie omdat die vernaamste opposisie dit geboikot het nie.