Die soektog na ʼn 10-jarige meisie van Pretoria wat met outisme gediagnoseer is, het tragies geëindig toe haar liggaam Sondagmiddag opgespoor is.
Alles vir die sleutelwoord "vermis"
Liggaam op Paarlberg dalk dié van vermiste man
Maroela Media het vroeër berig die 45-jarige man het op 29 Maart onder raaiselagtige omstandighede verdwyn.
Vermiste Vrystaatse 72-jarige opgespoor
Willie Rossouw, die 72-jarige man van Virginia in die Vrystaat wat Woensdagmiddag spoorloos verdwyn het en sedertdien as vermis aangegee is, is opgespoor.
Familie ‘vrees’ ná 72-jarige se raaiselagtige verdwyning
“Ons werk nou saam met die polisie om agter die kap van die byl te probeer kom. Dit is nie in my pa se aard om sulke boodskappe te stuur of net te verdwyn nie en ons vrees werklik vir sy veiligheid. In dié stadium hoop en bid ons net dat ons hom weer veilig by die huis kan kry.”
Familie ‘vreesbevange’ ná man (45) verdwyn
“Tania [Knoetze se vrou] was gisteraand by my en sy weet nie wat om te sê, te doen of te dink van die hele voorval nie. Daar is baie onsekerhede rondom die voorval. Ons enigste hoop is om hom net veilig te vind.”
Kommer ná ‘fluitjieblaser’ verdwyn
Familie, vriende en kollegas van ʼn Gautengse kampvegter en “fluitjieblaser” is rasend van bekommernis nadat sy onder raaiselagtige omstandighede spoorloos verdwyn het.
Vermiste Kaapstad-egpaar: Hof hoor oor ‘moordkomplot’
“Op 10 Februarie het hy [Del Vecchio] aan haar [Patel] en Bazooka genoem dat daar ʼn bejaarde egpaar in die woud is, dat die egpaar ʼn “goeie jag” is en dat hulle toerusting het. Die gesprek het tussen die beskuldigdes voortgegaan en later het Del Vecchio bevestig dat hy die teikens het.”
Drie in hof oor vermiste Wes-Kaapse egpaar
Die drie verdagtes wat verbind word met die verdwyning van Rodney (73) en Rachel Saunders (64), albei plantkundiges van die Wes-Kaap, gaan na verwagting Dinsdag om borgtog aansoek doen.
Pta-tiener opgespoor
Die soektog na Eoin Manasse Coetzer, ʼn 15-jarige tiener van Lyttelton Manor in Centurion, wat sedert verlede Sondag vermis was, is afgehandel.
Soektog na Pta-tiener
ʼn Volskaalse soektog is van stapel gestuur na Eoin Manasse Coetzer, ʼn 15-jarige tiener van Lyttelton in Centurion, wat sedert Sondag vermis word.
Bloed in motor van vermiste Wes-Kaapse-egpaar gevind
Die Wes-Kaapse egpaar is glo op 12 Februarie ontvoer en word sedertdien vermis.
Ontvoerde kinders: Nog drie vas
Die verdagtes het die kinders uit verskillende kamers gegryp en in die donker op die vlug geslaan en verdwyn.
Ontvoerde kinders: Man ook van moord aangekla
“Hy gaan na verwagting ook van die moord op die 13-jarige meisie aangekla word, soos wat die ondersoek ontvou.”
Vermiste egpaar geïdentifiseer; nóg een vasgetrek
Die Wes-Kaapse egpaar, wat ook Britse burgerskap het, se voertuig is sowat 300 km van waar hulle vermis geraak het, gevind.
Liggaam in kattebak dalk dié van vermiste ma
Die liggaam van ʼn vrou is Donderdagaand in ʼn uitgebrande BMW in Kaapstad gevind, skaars ʼn paar ure nadat ʼn 57-jarige vrou as vermis aangemeld is.
Ontvoerde kinders se lyke dalk gevind
“Die ondersoek duur voort aangesien die polisie vermoed dat die verdagte hierdie bose dade nie alleen uitgevoer het nie.”
2 se verdwyning ‘hou dalk verband met terreur’
ʼn Landwye soektog na die paartjie is vandeesweek van stapel gestuur.
Meer bekend ná Denise Bartlett-ontvoeringsdrama
Die polisie het Maandag meer inligting bekend gemaak in verband met die roof en ontvoering van die 71-jarige Denise Bartlett.
Vermiste ouma (71) gevind
Denise Bartlett, die 71-jarige ouma van Sterkstroom in die Oos-Kaap wat Dinsdagaand ná ʼn huisroof deur ʼn groep verdagtes ontvoer is, is gevind.
Ouma (71) saam met gesin aangehou; later ontvoer
Die 71-jarige Denise is glo Dinsdagaand saam met haar gesin tydens ʼn huisroof aangehou en word sedertdien vermis.