“Enige poging om vanjaar se syfers met dié van verlede jaar te vergelyk, sal ʼn sinlose oefening wees.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "vervoer"
Prasa moet miljoene opdok vir veiligheidsmaatskappye
Die maatskappye wat verantwoordelik was vir die beveiliging van treine en pendelaars het in November die trekpas gekry.
Regering ‘saboteer’ Metrorail
Die selfone wat treindrywers gebruik om mondelinge magtiging van sentrale beheerkamers te kry is boonop buite werking nadat Vodacom sy kontrak met Prasa opgeskort het.
Tshwane skort busdienste op
Tshwane se openbare busvervoerstelsel het wéér tot stilstand geknars.
10 sterf in ongeluk op N1 in Limpopo
Die pad is reeds ure lank vir verkeer in albei rigtings gesluit en groot vertragings is aangemeld. Motoriste is aangeraai om die R101 of R33 as alternatiewe roete te gebruik. Die pad sou na verwagting laatoggend weer vir verkeer oopgestel word, wanneer forensiese ondersoekers hulle ondersoek afgehandel het.
Gautengse regering wil héle openbare vervoerstelsel integreer
Die Gautengse provinsiale regering wil die hele openbare vervoerstelsel in die provinsie saamvoeg om’n meer doeltreffende diens te verskaf. Gauteng gaan ook binnekort die bedryf van die Metrorail-treinstelsel by Prasa in die provinsie oorneem.
Invordering van e-tolskuld vir eers op ys
Sanral het die proses om e-tolskuld in te samel, vir eers opgeskort en daar sal ook nie gevra word vir nuwe dagvaardings nie.
Ekonome verwelkom styging in BBP
Die vuisvoos Suid-Afrikaanse ekonomie het gedurende die derde kwartaal van vanjaar van die planke opgestaan soos ’n bokser wat katswink geslaan was. Dit het beleggers, markspelers en senior regeringslui die kans gegee om ’n slaak van verligting te gee.
Minister verklaar oorlog teen motorlisensie-korrupsie
Nzimande het die parlementêre perskorps ingelig oor sy departement se begroting en gesê die hulp van die Valke is ingeroep om korrupsie en wanbestuur uit te roei – ook in die Padongelukkefonds.
Pendelkrisis: Regering moet nou ingryp
Schussler reken die situasie met die pendelkrisis is tans van so ’n aard dat dit maklik uitgebuit kan word vir eie gewin.
Rits rond met Tuk-Tuk in Kaapstad
Die stad Kaapstad spog reeds met ʼn goeie openbare vervoerstelsel, maar dié stad gaan nou ook in September vanjaar minstens 80 mini ‘Tuk-Tuk’-voertuie beskikbaar stel om mense rond te karwei.
Noordwes gee R240 m vir vervoer van skoolkinders
Die departement van vervoer in Noordwes het R240 miljoen beskikbaar gemaak vir die vervoer van skoolkinders.
Sanral-voorsitter bedank
Tembakazi Mnyaka, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), het met onmiddellike effek bedank, het die departement van vervoer aangekondig.
E-tol-vervolging vir eers gestaak
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) gaan gehoor gee aan Dipuo Peters, minister van vervoer, se versoek dat die vervolging van motoriste wat nie e-tolrekeninge betaal nie, vir eers gestaak word.
Minister wil e-tol-vervolging eers briek
Dipuo Peters, minister van vervoer, het versoek dat die vervolging van motoriste wat nie e-tolrekeninge betaal nie, vir eers op ys geplaas word.
Video: Diere oortuig mense om bus te ry
Die Belgiese busmaatskappy De Lijn het groot sukses behaal met hul komiese advertensieveldtog om mense te oorreed om eerder van openbare vervoer gebruik te maak.
Drie vas oor bokke in lykswa
Drie mans is Dinsdag in Vryburg in Noordwes aangekeer nadat hulle vier bokkarkasse in ʼn lykswa vervoer het.
Video: Nie-stakende plaaswerkers verjaag amokmakers
‘n Staking deur plaaswerkers in Wellington in die Wes-Kaap, het skerp teenkanting uit ‘n onverwagse oord gekry.
Minstens 6 weke voor e-tol begin
Die departement van vervoer het Donderdag bekend gemaak dat dit ten minste ses weke gaan duur voordat die e-tolstelsel in Gauteng in werking gaan tree.
Video: Vyfde vervoermetode bekend gestel
Die tegnologie-entrepreneur, Elon Musk, het Dinsdag ‘n “vyfde vervoermetode” onthul wat as die Hyperloop bekend sal staan en reisigers binne 35 minute tussen Los Angeles en San Francisco kan vervoer.