“Veral rondom die uiters sensitiewe grondkwessie maak Malema gereeld in parlementêre debatte die uitlating dat wittes swartes vermoor, en hul grond gesteel het.”
Alles vir die sleutelwoord "VF Plus"
Aksieplan om onteiening sonder vergoeding te stop
Die aksieplan sal gevoer word onder die vaandel: SLAAN TERUG SA / FIGHT BACK SA.
Lesufi en Mashatile in visier
Die party eis dat die LUR van onderwys, Panyaza Lesufi, onmiddellik afgedank moet word en dat daar teen die LUR van plaaslike regering, Paul Mashatile, opgetree word.
‘Misdadigers vrees nie meer die polisie nie’
“Een rede hiervoor is dat daar talle misdadigers in die polisie se eie geledere is. Dit is algemeen bekend, maar niks word daaraan gedoen nie.”
Grondonteiening sonder vergoeding ‘ʼn harde werklikheid’
“Ek wil herhaal – dit kan énige eiendom wees. Hetsy ʼn plaas óf ʼn huis in ʼn dorp of stad.”
Wouter Wessels wil met integriteit ʼn verskil maak
Die Vryheidsfront Plus se nuwe parlementslid het groot skoene om vol te staan, maar hy meen hy het geleer by die beste leermeester in die Suid-Afrikaanse politiek.
VF-Plus: Nuwe kabinet wys Ramaphosa ‘steeds ʼn ANC-gevangene’
“Nog ʼn vrot appel wat in die mandjie behou is, is min. Malusi Gigaba wat in tipiese ANC-styl ‘herontplooi’ is na die pos van binnelandse sake.”
Kommer oor veiligheid in hospitale
Die VF Plus is besorg oor die veiligheid van pasiënte in hospitale na die dood van ʼn sesjarige seun, Karabo Thankanyane, tydens ʼn bendeaanval in die Carletonville-staatshospitaal in Gauteng.
‘Begroting was teleurstellend’
“Daar word tans van sowat vyf miljoen belastingbetalers uit 55 miljoen landsburgers verwag om die belastingjuk alleen te dra.”
Ope brief: Verklaar plaasaanvalle as prioriteitsmisdaad, minister
Daarom, minister, vra ek dat jy plaasaanvalle as ʼn prioriteitsmisdaad verklaar. Dit het gewerk teen transitorooftogte in die jare negentig. Die mag is in jou hande om dit aan te kondig.
‘Wat wil Ramaphosa met grondonteiening bereik?’
“Indien dit bloot is om vir mense grond te gee, moet dit so gesê word. Want om net grond vir iemand te gee, maak die persoon nie outomaties ryk nie.”
‘Zuma moet sy dag in die hof kry’
“Die teendeel is egter waar, aangesien die Grondwethof bevind het dat hy die Grondwet oortree het.”
Flou optrede teen Zuma dui op groot interne verdeeldheid
Die ANC se huiwering om kragdadig op te tree om van pres. Jacob Zuma ontslae te raak, dui op groot interne verdeeldheid in die regerende party en vrese van die ANC-leierskap dat die party kan skeur indien daar sterker teen die president opgetree word.
Grondoudit-verslag: ‘Regering wil publiek om die bos lei’
“Een voorbeeld is waar die verslag glo aandui dat Suid-Afrika 112,9 miljoen hektaar landbougrond het, terwyl navorsing van 2016 deur kundiges soos Agri Development Solutions (ADS) in samewerking met Landbouweekblad en Agri SA toon dat daar slegs 93,25 miljoen hektaar landbougrond is.”
OB gelooi oor Vrede-suiwelververslag
Adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer (OB), word skerp gekritiseer nadat sy haar langverwagte verslag oor die Vrede-suiwelprojek Vrydag bekend gemaak het.
Capitec-verslag: ‘Begin onmiddellik met ondersoek’
Suid-Afrika kan nie “nog ʼn inploffende bank in die heersende swak ekonomiese toestande bekostig nie en ʼn ondersoek na Capitec se situasie moet dadelik gedoen word om nog ʼn African Bank-debakel te voorkom”.
Kaapstad-waterkrisis: Optrede teen watervermorsing geëis
ʼn Video doen die ronde op sosiale media waarin gesien kan word hoe mense lang rye hoofsaaklik minibus-taxi’s in die straat van ʼn informele nedersetting was, terwyl water in die straat afloop.”
VF Plus wil protesaksie by skole onwettig maak
Dit kom nadat Hoërskool Overvaal in Vereeniging Donderdag vir leerders gesluit moes wees weens ʼn massa-protesoptog buite die skool.
Hoërskool Overvaal: ‘Afrikaans word geboelie’, klagte by polisie ingedien
“Dit is duidelik dat Panyaza Lesufi, die LUR van onderwys in Gauteng, Afrikaans misbruik as ʼn rookskerm om sy departement se eie onbevoegdheid te verbloem en sodoende rassekonflik veroorsaak.”
Kommer oor Kaapstad-veiligheid
“Verskeie slagoffers het getuig dat dit lyk asof die aanvallers nie daarin belangstel om te roof nie, maar bloot om hul slagoffers ernstige leed aan te doen of te vermoor.”