Die Menseregtekommissie (MRK) gaan die onlangse uitlatings van pres. Jacob Zuma oor Jan van Riebeeck ondersoek na ʼn klag van die VF Plus wat aanvoer dat dit op haatspraak teenoor wit mense neerkom.
Alles vir die sleutelwoord "VF Plus"
Reaksie op pres. Zuma se staatsrede
Opposisiepartye en ander organisasies het grootliks negatief reageer op pres. Jacob Zuma se staatsrede vir 2015.
VF Plus: ANC oorreageer oor Zelda la Grange
Die VF Plus het Maandag gesê die ANC se “absolute oorreaksie” op dit wat Zelda la Grange, oudpres. Nelson Mandela se voormalige assistent, in twiets oor pres. Jacob Zuma gesê het, is tekenend van ʼn party wat uit voeling is met die mense van Suid-Afrika en die toekoms wat hulle wil hê.
Zuma van haatspraak aangekla
Die Menseregtekommissie (MRK) het bevestig dat president Jacob Zuma van haatspraak aangekla is.
VF Plus wil Zuma van haatspraak aankla
Die VF Plus het gesê hy gaan president Jacob Zuma en die ANC by die Menseregtekommissie (MRK) van haatspraak aankla na Zuma se uitlatings oor Jan van Riebeeck.
‘Verkragtings in en deur polisie neem kommerwekkend toe’
Die Vryheidsfront Plus het Woensdag gesê die aantal klagtes van verkragtings wat deur polisielede gepleeg is, het volgens die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) in ses maande met 25% toegeneem en verkragtings van persone in aanhouding het met 160% toegeneem.
Brande: “Verklaar Oos-Vrystaat tot rampgebied”
Die VF Plus eis dat die Oos-Vrystaat as ʼn rampgebied verklaar moet word nadat meer as 100 000 hektaar weiding deur veldbrande vernietig is.
‘Staatsamptenare se donasies aan ANC moet ondersoek word’
Die Vryheidsfront Plus sê hy gaan die staatsdienskommissie versoek om ondersoek in te stel na berigte dat die ANC senior staatsamptenare versoek het om geld aan die party te skenk.
Plaasmoorde en -aanvalle ‘gaan hoog op agenda wees’
Die Vryheidsfront Plus sê die minister van polisie, Nkhosinati Nkhleko, het onderneem om plaasaanvalle en -moorde ‘hoog op die agenda te plaas’ van strategieë vir misdaadbekamping in Suid-Afrika.
Selebi se regskostes moet nog bepaal word
Die proses om vas te stel hoeveel Jackie Selebi, veroordeelde oudpolisiehoof, die belastingbetaler in regskostes skuld is in ‘n “gevorderde stadium”.
EFF wil glo van “Die Stem” ontslae raak in volkslied
Die VF Plus het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy verwerp met minagting die oproep van die EFF om weg te doen met Die Stem as deel van die volkslied.
VF+: “Ehrenreich en Cosatu soos tandelose keffertjies”
Tony Ehrenreich en Cosatu is soos tandelose keffertjies wat ‘n leë geraas maak terwyl hulle al hoe meer irrelevant en uitgediend raak in ‘n moderne wêreld met moderne uitdagings, sê die Vryheidsfront Plus.
Pieter Mulder glo deur EFF-LP uitgejou
ʼn LP van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het glo Vrydag vir dr. Pieter Mulder, die leier van die Vryheidsfront Plus (VF+), as ʼn “f****n boer” uitgejou en Mulder gevra om hom te “bl**sem”.
VF Plus kap landbouminister oor sy werker se loon
Die Vryheidsfront Plus sê Senzeni Zokwana, minister van landbou, stel ‘n swak voorbeeld deur sy werker slegs sowat R26 per dag te betaal.
‘Cele ‘n belediging vir landbou’
Bheki Cele se aanwysing as die adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, is ‘n belediging vir die landbougemeenskap, het die Vryheidsfront Plus gesê.
VF Plus se Gauteng-leier tree uit
Jaco Mulder, die Vryheidsfront Plus se leier in Gauteng, het sy uittrede uit die politiek aangekondig.
Dr. Pieter Mulder oor Beeld, Bobby en minderheidsregte
“Volgens die redakteur van Beeld, Adriaan Basson, was een van die laagtepunte van die verkiesing my ‘aanval’ op Bobby van Jaarsveld.” Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, reageer op ‘n meningstuk van Basson oor ‘n “Twitter-oorlog” tussen hom en Van Jaarsveld.
DA en VF Plus haaks oor ‘vals inligting’
Die Vryheidsfront Plus het die DA by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) verkla.
Transnet-baas van haatspraak aangekla
Die Vryheidsfront Plus het Woensdag gesê die party gaan ʼn klag van haatspraak by die Menseregtekommissie (MRK) indien teen Brian Molefe, die uitvoerende hoof van Transnet, weens sy “rassistiese en dreigende uitsprake teen pensioenarisse van Transnet”.
Suksevolle optog deur Transnet-pensioenarisse
Transnet se pensioenarisse het Donderdag na die Uniegebou in Pretoria opgeruk waar ‘n beswaarskrif aan president Jacob Zuma se kantoor oorhandig is oor die skandalige lewensomstandighede van die pensioenarisse.