Conner Courtney het in trane uitgebars toe sy bruid, Hannah, in die paadjie afgestap gekom het. ʼn Video daarvan het internetgebruikers nou gaande.
Alles vir die sleutelwoord "video"
Video: Vlieënier skrik vir ongewone gas op mikrovliegtuig
ʼn Vlieënier sal voortaan seker maak daar is geen ongenooide gaste nie wanneer hy met sy mikrovliegtuig gaan vlieg.
Video: Só werk Op die Spel
Maroela Media het ʼn draai gaan maak op die stel van dié nuwe program ‘Op die Spel’ en met die beoordelaar, Gerhard van Huyssteen, asook die aanbieder, Rian van Heerden, gesels.
Video: Tertius Kapp kry Hertzogprys
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het 14 van die land se voorste kreatiewe denkers in Afrikaans vereer vir hulle bydraes tot letterkunde, joernalistiek, musiek en navorsing.
Resensie: Hollywood in my Huis – dit gaan die hartsnare roer
Daar is geen ander woord om Hollywood in my Huis te beskryf as magies nie. Lanklaas was daar ʼn fliek wat dinge soos jong liefde, hoërskool en matriekafskeid so eg uitgebeeld het soos dié fliek.
Video: Mamba kan nie seil nie!
Die gebruiker Kruger Sightings het ʼn video van ʼn swart mamba, wat skynbaar nie oor die pad kan seil nie, op YouTube gelaai.
Video: Limbo sorg vir lekker lag
In die video word verskeie mense op straat gevra om so laag moontlik onder deur ʼn paal te loop. Maar, daar is ʼn vangplek – deelnemers word geblinddoek. Die resultate is skreeusnaaks.
Nuwe musiek: Christi en Roux Cloete
Die kontemporêre- en Afrikaanse-country mark is besig om stadig maar seker te groei. Die nuutste toevoeging tot die mark is Christi en Roux Cloete.
Video: Negejarige se verhaal gryp harte aan
“Ek moet fokus op dit wat ek het, nie op dit wat ek nie het nie.” Die negejarige Ezra Frech beskou homself as ʼn atleet, en nie iemand wat gestremd is nie. As jy soms bietjie aanmoediging nodig het, is hierdie video vir jou bedoel.
Linden-gesin emigreer na huisroof
Die eienaar van die huis in Linden, Johannesburg waar 35 mense Saterdagaand deur gewapende rowers aangehou is, het gesê sy gesin sal binne die volgende drie maande na Nederland emigreer.
Adam Tas laat countrylegende herleef
Hy was die onderwerp van die rolprent “Walk the line”, en nou herleef Johnny Cash se musiek opnuut nadat Adam Tas hulde aan hom gebring het.
Video: Chaos toe roltrap van rigting verander
ʼn Groep inkopiegangers het soos domino’s op mekaar geval toe ʼn roltrap in ʼn winkelsentrum in Maleisië skielik agteruit begin beweeg het.
Video: Samsung maak dit veiliger
Vragmotors is die bron van angs by vele motoriste, maar Samsung het ʼn goeie manier gekry om padverbruikers se spanningsvlakke so klein bietjie te verlaag.
Wen: Ballade vir ʼn Enkeling op DVD
Hierdie kompetisie is gesluit. Die fliek, Ballade vir Enkeling, word op 26 Junie op DVD uitgereik en vyf gelukkige Maroela Media Lesers kan elk een van dié DVD’s wen.
Resensie: Die Grootste Afrikaanse Liedjie – Verskeie kunstenaars
Hierdie versameling bied regtig iets vir elke smaak, selfs al beteken dit dat niemand noodwendig van al die snitte sal hou nie. Hoe ook al, dit gee ʼn oorsig van die hoogtepunte in die geskiedenis van Afrikaanse musiek en daarom hoort dit in die versameling van enige Afrikaanse musiekliefhebber.
Resensie: My hartjie – Karlien van Jaarsveld
Karlien het weer met hierdie CD bewys dat sy een van ons land se voorste kunstenaars is. Sy werk saam met ‘n goeie span liedjieskrywers, maar sy kan ook self met goeie komposisies vorendag kom.
Video: Kinders spring 200 keer tou binne 60 sekondes
ʼn Groep laerskoolkinders spring in hierdie video 200 keer tou terwyl twee van hulle medeskoliere wild die tou in die rondte moet swaai om by te bly.
Video: Ystydperk herleef in Sandton
‘n Uitstalling van die diere wat in die Ystydperk voorgekom het, is ‘n leersame winteruitstappie vir die hele gesin. Dié uitstalling is tot 8 Augustus by die Sandton Konvensie sentrum te sien.
Nuwe vrystellings: 22 Junie 2015
Bobby van Jaarsveld, Anaïs en Juan Boucher, asook Andries Vermeulen en Steve Hofmeyr het ‘n paar nuwe liedjies waarna jy kan luister.
Maroela Media Top 20: 22 Junie 2015
Leah is vir die sesde week in die eerste plek op Maroela Media se Top 20, maar Jak de Priester en Juanita du Plessis skuif op na onderskeidelik die tweede en die derde plek.