HOE gaan jy jou kind besig hou hierdie vakansie?
Alles vir die sleutelwoord "video"
Resensie: Droom – Alexander
Dis jammer dat daar net vyf snitte op hierdie album is, want dit is duidelik dat Alexander een van die beter nuwe kunstenaars is wat onlangs tot die musiekbedryf toegetree het.
Resensie: Afrikaanse meisies – Gerhard Steyn
As jy geen ander liedjie van Gerhard as “Baby tjoklits” ken nie, moet jy dalk hierdie album by jou versameling voeg. Daar is genoeg goeie snitte om dit die moeite werd te maak.
Video: Speelgoedhond laat ander honde spaander
ʼn Video van ʼn speelgoedhond wat regte honde die skrik op die lyf jaag, maak weer opslae op sosiale media.
Video: Vierjarige kraai van plesier in vliegtuig
Raphael Langumier, ʼn professionele vlieënier van Kanada, se vierjarige dogtertjie Léa het al ʼn paar keer saam met hom gaan vlieg, maar dit is die eerste keer wat hy toertjies saam met haar uitvoer.
Video: Mense is nog inherent goed, wys eksperiment
Ons vertroue in die mens en dat hy inherent goed is, word elke dag getoets. Mens wonder soms of daar nog hoop is vir die samelewing. ʼn Sosiale eksperiment in Los Angeles, Amerika, het bewys dat daar wel nog hoop is. Nog baie.
Video: Die Heuwels en Riana Nel span kragte saam
Die Heuwels Fantasties het gister ʼn splinternuwe musiekvideo bekendgestel vir hul liedjie Doen net wat ons wil, wat saam met Riana Nel opgeneem is.
Video: Voortrekkers klim op Jeugdag Kranskop uit
Jeugdag is vroeër vandeesweek gevier en laerskoolleerlinge en Voortrekkers van die Kranskop-kommando het op dié dag die Kranskop uitgeklim en ʼn Voortrekkervlag gehys om ʼn groter bewustheid van die Voortrekkerbeweging te skep.
Resensie: ‘Sing Afrikaner sing’ – Bok van Blerk
Hoewel Bok getrou aan sy suksesresep bly, wys veral die laaste twee snitte dat hy nogtans nie gestagneer het nie. Daar is genoeg snitte op die album wat sy aanhangers tevrede sal stel, maar dis ook goed dat hy iets nuuts probeer het.
Resensie: Jakkals en Leo raak maats
Jakkie en Kevin het lank gewag voordat hulle hierdie CD uitgereik het, maar dit was die moeite werd, hoewel ’n mens voel dat Kevin dalk meer uit sy gemaksone moes beweeg en van Jakkie se poptreffers saam met hom moes sing.
Video: Pasop voor! Wagte loop man byna onderstebo
ʼn Video van ʼn man wat omgestamp word toe hy in die pad van koninklike wagte beland het, is binne drie dae reeds meer as 4 miljoen keer op YouTube gekyk.
Video: Vrystater se Boereoorlog-plan
ʼn Boorling van die Vrystaat beplan ʼn fietstoer deur die land om wit en swart slagoffers van konsentrasiekampe se lewe te herdenk.
Video: Só vervang jy jou kar se ruitveër
Dit is baie eenvoudig om ʼn motor se ruitveër te vervang – indien jy weet hóé!
Video: Cell C se hond-advertensie ontstel kykers
Die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) het al hope klagtes ontvang oor Cell C se jongste advertensie.
Video: Steriliseer katte en voorkom onbeheerde aanteling
As jy een kat steriliseer, red jy letterlik duisende katte daarvan om in ʼn diereskuiling te beland. Daarom het ʼn groep katliefhebbers in die hoofstad koppe bymekaar gesit om hawelose katte help.
Video: Naelbyter spelkompetisie in drie tale
Baie mense sukkel om woorde in hul moedertaal reg te spel, maar ʼn groep graad 9-leerlinge het gewys hulle kan dit sommer in ʼn tweede, derde en selfs vierde taal doen.
Resensie: ‘Ja. Nee. Lekker’ (De luxe-uitgawe) – Die Heuwels Fantasties
Die gewildheid van Die Heuwels Fantasties, ten spyte van hul “alternatiewe” aanslag, sal dalk vir sommige mense ’n verrassing wees.
SA Top 20 word 50: 1985 tot 1989
Daantjie gee ‘n nostalgiese terugblik op die treffers van 1985 tot 1989. Hy gee ook ʼn paar van die rekords wat deur Afrikaanse liedjies opgestel is, van 1966 tot 1983.
Video: African Solar Drive begin
Jong ingenieurs van die Universiteit van Johannesburg is gerat om hulle tuisgemaakte, sonkragaangedrewe motor op ‘n tog deur suidelike Afrika te neem.
Video: Krokodil is baas op dié plaas
Die gebruiker Kruger Sightings het ʼn video op YouTube gelaai van ʼn krokodil wat ʼn groep wildehonde se prooi afneem.