‘n Jong entrepreneur wil nuwe lewe in plaaslike toerisme blaas. Hy het ‘n selfoon-app geskep vir Suid-Afrikaners en buitelandse toeriste. Dit het ten doel om die produkte en dienste van talle bedrywe te bemark.
Alles vir die sleutelwoord "video"
Video: Driejarige hou kunsuitstalling
‘n Driejarige van Hermanus het kunsliefhebbers aan die praat met haar handewerk. Klein Tallulah Hamman se ouers hoop sy kan ander kinders inspireer met haar passie vir verf.
Video: Maak ʼn wipplank-kers
Hierdie wipplank-kers is ʼn prettige manier om swaartekrag mee te toets of net jouself mee besig te hou as jy dalk verveeld is.
Nuwe vrystellings: 8 Junie 2015
Liezel Pieters, Snotkop en Dewald Gouws is van die sangers wat onlangs nuwe liedjies vrygestel het.
Resensie: 5 dekades van Carike Keuzenkamp
Dis regtig wonderlik dat ʼn dubbele versameling met baie van Carike se treffers eindelik weer beskikbaar is en dat ʼn paar liedjies waarvan ʼn mens amper vergeet het, ingesluit is.
SA Top 20 word 50: 1972 tot 1974
Vyftig jaar gelede is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie kyk in hierdie artikel na die treffers van 1972 tot 1974.
Video: Maak gereed vir Pretoria se mooiste wedloop
Die bekendstelling van die Pretoriase been van die Spar Women’s Challenge padwedloop is Donderdag by die Atterbury-teater in die hoofstad gehou. Maroela Media het die geleentheid bygewoon ʼn met een van die ambassadeurs van die wedloop, Bouwer Bosch, asook een van die steratlete van die wedloop, Irvette van Zyl, ʼn organiseerder en die verteenwoordiger van Irene Homes oor die wedloop gesels. Bosch en Van Zyl het ook ʼn paar fiksheidswenke gedeel.
Video: Tegnotannies en -toppies
ʼn Nuwe dokumentêr, Cyber-Seniors, fokus op die toenemende gaping tussen die verskillende generasies.
Video: Fynproewers smul aan krieke, miere en wurms
Kriek-crostini, bros mieliewurms en selfs miere met ’n sjokoladelagie. Dít is slegs ʼn paar van die peuselhappies wat vroeër vandeesweek beskikbaar was by die opwip-restaurant in Johannesburg wat ook bekend staan as ʼn Pestaurant.
Video: Luislang vry ná 15 ure lange ‘gyselaarsdrama’
Die luislang wat Donderdagoggend ʼn ambulans van die Maponya 911-nooddiens in Phalaborwa, Limpopo, gestrand gelaat het nadat dit in die voertuig se enjin gaan skuil het, het deur die aand uiteindelik self uitgeseil.
Video: Dierepret met ʼn spieël in die woud
Die Franse fotograaf Xavier Hubert-Brierre se video oor diere wat hulself in ʼn spieël bewonder, is die afgelope vyf dae reeds meer as 10 miljoen keer op YouTube gekyk.
AJ van der Mescht terug met nuwe album
Hoewel AJ van der Mescht nog nie heeltemal so bekend onder Suid-Afrikaanse musiekliefehbbers is nie, is hy glad nie ’n nuweling op die musiektoneel nie.
SA Top 20 word 50: 1968 en 1970 tot 1971
Vyftig jaar gelede is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie kyk in hierdie artikel na die treffers van 1968 en 1970 tot 1971.
Video: Veels geluk, YouTube
YouTube vier vanjaar sy 10de verjaarsdag en het ʼn kort video saamgestel van al die treffers wat die afgelope 10 jaar op dié sosialemedia-kanaal gepubliseer is. Dié video is reeds meer as 10 miljoen keer gekyk.
Video: Hondekosadvertensie steel die harte
ʼn Puppy Chow-hondekosadvertensie steel die harte van YouTube-gebruikers wêreldwyd.
Spookasem “blom” in China
Om spookasem te maak is dalk nie die moeilikste ding in die wêreld nie, maar ʼn man in China het dit in ʼn kunsvorm verander.
SA Top 20 word 50 jaar oud
Op 4 Junie, vyftig jaar gelede, is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie skryf oor die treffers van die gewilde treffersparade in die volgende reeks artikels.
Miljoene kyk na man wat dieregeluide namaak
ʼn Video van ʼn man in Kaapstad wat dieregeluide kan namaak, is reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk.
Video: Gevalle soldate gedenk
Die Raad vir Militêre Veterane-organisasies het vanjaar vir die eerste keer ʼn gedenkdiens vir soldate wat tussen 1961 en 1994 dood is gehou op 31 Mei by die Voortrekkermonument in Pretoria.
Ballade vir ‘n Enkeling nou oorsee
’n Rolprent wat kykers en die rolprentbedryf omtrent aan die gons gehad het, is Ballade vir ’n Enkeling – ’n vars en gemoderniseerde weergawe van die gewilde televisiereeks wat vrygestel is in die 80’s.