Richard Finn Gregory, ʼn rolprentvervaardiger van Kaapstad, beplan om ʼn dokumentêr te verfilm oor 800 Boerefamilies wat ná die Anglo-Boereoorlog na Argentinië gevlug het. Daar is steeds sowat 45 mense wat Afrikaans praat en verstaan, maar slegs 10 wat Afrikaans vlot kan praat.
Alles vir die sleutelwoord "video"
Video: Transnet-pensioenarisse sukkel om te oorleef
Pensioenarisse wat van Transnet se pensioenfonds afhanklik is, sê hulle sukkel om te oorleef.
Video: Sinkgat sluk agt unieke Corvettes in
Strukturele ingenieurs probeer steeds bepaal wat daartoe gelei het dat ‘n 9 meter diep sinkgat by die nasionale Corvette-museum in Kentucky, Amerika, agt van dié unieke voertuie “ingesluk” het.
Twee van Waterkloof-4 sal 72 uur aangehou word
Christoff Becker en Frikkie du Preez, twee van die sogenaamde Waterkloof-4 wat Sondag weer in hegtenis geneem is nadat hulle glo alkohol gebruik het terwyl hulle nog in die Kgosi Mampuru-Sentraal-gevangenis in Pretoria was, gaan vir 72 uur lank aangehou word terwyl die voorval ondersoek word.
Video: “Help ons om die pikkewyne te red”
Die Suid-Afrikaanse Stigting vir die Bewaring van Kusvoëls in Kaapstad het ‘n dringende beroep op die publiek gedoen om te help keer dat die getalle van die bedreigde Afrikapikkewyn verder daal.
Video: Olifant-mamma red haar kalfie
Toeriste het in die Addo-olifantpark ʼn video geneem van ʼn olifantkoei wat haar kalfie red toe hy in die modder beland het.
Video: Engelse oorstromings brei uit
Sowat 2 500 huise langs die Teems loop gevaar om oorstroom te word na die stormweer wat die suidweste van Engeland deurdrenk het, ook ooswaarts uitgebrei het.
Video: Beste advertensie wen $1 miljoen
ʼn Enkellopende pa het prysgeld van $1 miljoen (R11 miljoen) ontvang vir sy Doritos-advertensie vir die Super Bowl wat hom minder as $300 gekos het om te maak.
Video: Trop leeus val buffel aan
Riaan Ferreira het ʼn video aan die YouTube-gebruiker, Kruger Sightings, gestuur waar ʼn trop leeus ʼn buffel aanval.
Video: Nuwe Bell’s-advertensie laat kykers sprakeloos
Die nuwe Bell’s-televisieadvertensie laat kykers met hoendervleis en ʼn traan het al selfs oor ʼn hardebaard se wang gebiggel oor dié aangrypende verhaal.
Video: Ongewone vriendskap maak uitstekende advertensie
Die Super Bowl-voetbalkampioenskap in Amerika lewer elke jaar van die beste advertensies op. Een van die gunstelinge vir 2014 is ʼn Budweiser-advertensie oor ʼn ongewone vriendskap.
Video: Geniale vyfjarige ken die hele wêreld
Arden Hayes (5) van Kalifornië in Amerika is ‘n genie. Hy herken elke land in die wêreld en weet wat is elke land se hoofstad. Sien is glo!
Video: Wiskunde is sommer kinderspeletjies!
Dis nie sommer enige laerskoolkind wat wiskunde na kinderspeletjies kan laat lyk nie. Die 10-jarige Ethan Kirstein het die afgelope vakansie presies dít gedoen toe hy Suid-Afrika se naam hoog gehou het by ‘n hoofrekene-kompetisie in Hong Kong.
Foto’s en video: Die mees makabere kerk in die wêreld
Die Sedlec-ossuarium is ʼn klein Rooms Katolieke kapel wat onder die Begraafplaaskerk van Heiliges in die Tsjeggiese Republiek geleë is. Die ossuarium bevat die beendere van tussen 40 000 en 70 000 mense wat kunstig uitgestal is. Foto’s en ‘n video volg onderaan die berig.
Video: Justin Bieber kry borgtog
Die popster Justin Bieber, is ʼn paar ure nadat hy in hegtenis geneem is op borgtog vrygelaat nadat hy glo aan ʼn onwettige straatresies deelgeneem het terwyl hy glo onder die invloed van alkohol en dwelmmiddels was.
Video: Lugredery sal “rassistiese” advertensie wysig
ʼn Lugredery in Japan het Dinsdag gesê hy sal ʼn televisie-advertensie wysig nadat die maatskappy van rassisme en stereotipering van witmense beskuldig is. Die advertensie volg onderaan die berig.
Video: Waaghalse sonder enige hoogtevrees
ʼn Video van ʼn sogenaamde “vry-klimmer” en waaghals is binne vyf dae reeds meer as 2 miljoen keer op YouTube gekyk.
Die Heuwels Fantasties se Wens jy was hier
Suid-Afrika se voorste alternatiewe popgroep, Die Heuwels Fantasties, is terug met nuwe klanke.
Video: Lank lewe papier
Elektroniese toestelle het in baie opsigte papier vervang, maar dié tong-in-die-kies-advertensie bewys dat daar nog steeds ‘n behoefte vir papier bestaan.
Video: 1981-nuusberig oor die internet en moontlikheid om koerant op internet te lees!
Dié video is ‘n nuusberig in 1981 oor die internet en handel oor die moontlikheid om ‘n hele koerant op jou rekenaar te ontvang. Wat in 1981 soos ‘n droom gelyk het, is vandag, in 2014, vir jou ‘n werklikheid!