Al nege eksperimente aan boord van die landingstuig, Philae, het gewerk en die data is via die moederskip Rosetta na die aarde teruggestuur, aldus die Europese Ruimteagentskap
Alles vir die sleutelwoord "video"
Afrikaans is Groot: Konsert skop af sonder enige betoging
Die eerste vertonings van die Afrikaans is Groot-konserte het vlot verloop ten spyte van dreigemente deur die ANC-jeugliga dat hulle daarheen gaan opruk om te betoog oor onlange opmerkings deur Steve Hofmeyr.
Video: Vreemde trougeskenk ʼn treffer op sosiale media
ʼn Video van trougaste wat elkeen ʼn teugie “Fireball Cinnamon Whisky” neem, is ʼn treffer op sosiale media.
Video: Haaiaanval-oorlewende veg vir beskerming van spesie
Achmat Hassiem, ʼn Paralimpiese swemmer wat ʼn haaiaanval oorleef het, doen deesdae heeltemal die teenoorgestelde as wat van hom verwag sou word.
Video: Barmhartige Samaritaan op M1 doodgery
ʼn Man, glo in sy 50’s, is Saterdag op die M1-snelweg naby Marlboro-afrit in Gauteng dood toe hy stilgehou het om ʼn ander motoris te help wie se motor onklaar geraak het.
Video: Oulikste kombuiswenke vir die naweek
Hierdie video wys jou hoe om ‘n ui te sny sonder om te huil, hoe om ‘n plastiekpakkie sonder ‘n duur plastiekknip toe te maak, hoe om aarbeie se stingeltjie te verwyder en selfs hoe om die heerlikste sprinkelpoeier vir jou springmielies te maak deur skyfies fyn te maak.
Video: Kyk hoe groei sampioene
Sampioene kan die wêreld red! Hierdie video wys op ‘n baie spesiale manier hoe sampioene in die natuur groei.
Video: Parlement-vuisgeveg met selfoon afgeneem
Beeldmateriaal van die omstrede vuisgeveg Donderdagaand in die Nasionale Vergadering (NV) is op YouTube gelaai.
Video: Fantastiese foelie
Het jy geweet jy kan ‘n braairooster met foelie skoonmaak, of warm olie opvang of selfs makliker jou swaar meubels skuif? Hierdie video bied ‘n hele paar interessante en baie handige wenke met alledaagse foelie.
Video: Vermiste ring en toe sê sy wéér ja!
ʼn Trouring wat 15 jaar gelede verdwyn het, is onlangs ontdek.
Video: Anika Smit se raaiselagtige dood ondersoek
ʼn Geregtelike doodsondersoek is van stapel gestuur meer as vier jaar na die dood van Anika Smit, die 17-jarige meisie van Pretoria wie se hande afgekap is.
Video: Padwoede-bylaanval: Paramedici geskors wat glo nie swart man wou help nie
Twee paramedici van Netcare 911 is geskors weens beweringe dat hulle glo nie ʼn swart slagoffer van ʼn vermeende padwoede-aanval wou bystaan nie.
Video: Dan Roodt wil VSA TV-program vir miljoene dagvaar
Dr. Dan Roodt, direkteur van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag), het gesê hy is van voorneme om regsaksie te neem teen The Daily Show with Jon Steward oor ʼn insetsel wat op dié satiriese Amerikaanse TV-program uitgesaai is.
Video: Ystervark wys sy staal teen trop leeus
ʼn Video van ʼn ystervark wat deur ʼn trop leeus gepak word, word wyd op sosiale media versprei.
Video: Hierdie piesang is klaar gesny!
Die gebruiker DaveHax het ‘n oulike wenk op YouTube gelaai waarmee jy kinders kan beïndruk!
Video: Lawa verwoes huis op Hawaii
Die lawa uit ʼn vulkaan op Hawaii wat sedert 27 Junie uit die Kilauea-vulkaan vloei, het die eerste huis bereik en in vlamme laat opgaan.
Video: Padwoede: Man met byl aangeval
‘n Man is in hegtenis geneem na hy glo ‘n ander motoris tydens ‘n padwoede-onderonsie met ‘n byl aangeval het.
Video: Span beplan om landspoedrekord te laat spat
ʼn Span Britse avonturiers en ingenieurs se droom om die landspoedrekord te verbeter is nou besig om ʼn werklikheid te word, en dit danksy die samewerking van hulle Suid-Afrikaanse eweknieë.
Video: Wat sou jy graag aan jou lyf wou verander?
Die Jubilee-projek het onlangs dieselfde vraag aan 50 persone gestel: wat sal jy graag aan jou liggaam wou verander? Die kinders se antwoorde het almal verras. Die video is die afgelope twee weke reeds bykans 4 miljoen keer op YouTube gekyk.
Video: Boer Giel het internet aan die gons
Boer Giel het die afgelope week die internet behoorlik aan die gons gehad met sy soeke na liefde in “Boer soek ʼn Ou”.