Maleisië se minister van vervoer het Saterdag aangekondig dat China nuwe satellietbeelde het van een of meer voorwerpe in die Indiese Oseaan wat moontlik deel kan wees van die vermiste vliegtuig van Malaysia Airlines.
Alles vir die sleutelwoord "Vlug MH370"
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Die maritieme veiligheidsowerheid in Australië het Vrydag gesê hul radars het nie enige teken van wrakstukke van die vermiste vliegtuig van Malaysian Airlines opgespoor nie.
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
ʼn Australiese soekvliegtuig het twee voorwerpe in die suidelike deel van die Indiese Oseaan opgemerk wat moontlik deel kan wees van die vermiste vliegtuig van Malaysia Airlines.
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië se ondersoek na die vermiste vlug MH370 het bevind dat een of meer mense met vliegondervinding die vliegtuig se kommunikasie-toestelle afgeskakel het en die vliegtuig doelbewus van koers af gestuur het.
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg
Beamptes van Maleisië het Donderdag berigte ontken wat beweer dat die vermiste vliegtuig van Malaysia Airlines vier ure lank aanhou vlieg het ná sy laaste kontak.
Olieboor-werker sê hy het vermiste Boeing gesien
In ʼn vreemde kinkel rakende die verwyding van ʼn vliegtuig van Malaysia Airlines beweer ʼn olieboor-werker hy het die vliegtuig in vlamme gesien rondom die tyd wat dit verdwyn het.
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Owerhede het die soekgebied verbreed nadat ʼn vliegtuig van Malaysia Airlines Saterdag verdwyn het. Familielede het intussen bevestig dat passasiers se telefone lui, maar onbeantwoord bly.
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
ʼn “Vreemde voorwerp” is Sondag omstreeks 14:30 (Suid-Afrikaanse tyd) in die see waargeneem in die omgewing waar die vermiste Boeing 777-200 van Malaysia Airlines Saterdag vir die laaste keer opgemerk is.
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Met die nuus dat die FBI die Maleisiese owerhede nou bystaan om die moontlikheid van terreur in die verdwyning van ‘n Maleisiese straler naby Viëtnam te ondersoek, het bespiegelings reeds ontstaan wie agter so ‘n ramp sou sit.
Vermiste Boeing dalk gekaap
Die Maleisiese regering ondersoek die moontlikheid van ʼn terreurdaad nadat ʼn Boeing 777-200 van Malaysia Airlines met 227 passasiers en 12 bemanningslede aan boord op ‘n vlug van Kuala Lumpur na Beijing Saterdagoggend vermis geraak het.
Boeing met 239 passasiers vermis
‘n Boeing 777-200 van Malaysia Airlines met 239 mense aan boord het Saterdagoggend tussen Maleisië en Viëtnam vermis geraak.