Solidariteit het onlangs die Suid-Afrikaanse regering by ’n VN-agentskap onder druk geplaas oor rassisme. Die aksie het pas die eerste dividende gelewer toe die VN se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) antwoorde van die regering verlang het oor vermeende rassistiese gebruike.
Alles vir die sleutelwoord "VN"
VN-komitee kap SA-regering oor apartheidsklassifikasies
Die Verenigde Nasies (VN) se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) het die regering in ’n verslag gekap oor sy gebruik van ou apartheidsklassifikasies in die aanbieding van statistieke.
Video: Solidariteit by VN oor rasse-vraagstuk
Solidariteit se afvaardiging is terug in die land ná hy ‘n voorlegging aan die VN se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rasse-diskriminasie oor Suid-Afrika se beleid van regstellende aksie gedoen het.
Solidariteit en SA-regering pak mekaar by VN oor ras
“Ons wys op die gevaar dat Suid-Afrika ʼn meerderheidsdemokrasie onder die dekmantel van regstellende aksie word.”
[Video] In die stad van die Reformasie om te praat oor transformasie
Die Verenigde Nasies (VN) se Europese hoofkwartier in Genève is een van die bekendste bakens in dié stad. Die VN se Palais des Nations (Paleis van nasies) word van alle kante afgeneem deur toeriste en besoekers wat die laaste dae van die Europese somer indrink.
Regstelaksie moet reggestel word
Solidariteit se internasionalisering van “regstellende aksie” deur ʼn klagte by die VN te lê, het die vraagstuk van regstellende aksie weer op die spits gedryf.
Regstellende aksie maak mense dood
In Suid-Afrika moet ons stry teen ʼn ideologie wat mense ontwrig en doodmaak. Die res van die wêreld het met ander baie meer kreatiewe oplossings vorendag gekom om gevolge van diskriminasie te oorkom.
Iran en ses groot lande bereik kernooreenkoms
’n Kernooreenkoms is vroeg vanoggend tussen Iran en ses groot lande gesluit. Die ses lande is die VSA, Rusland, China, Duitsland, Frankryk en Brittanje. Die ooreenkoms is ná 18 maande lange onderhandelinge gesluit.
Vonke spat tussen regering en AfriForum oor VN-voorlegging
Die burgerregte-organisasie AfriForum voer aan dat ʼn verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse regering, die VN se Forum vir Minderheidsaangeleenthede misbruik het om hom en ander organisasies aan te val.
Solidariteit begin internasionale veldtog teen staat se rasplanne
Die vakbond Solidariteit het ʼn omvattende internasionale veldtog aangekondig om die staat se regstellendeaksieplanne teen internasionale konvensies te toets.
Gasa dalk onder VN-bestuur
Die moontlikheid dat Gasa onder die bestuur van die VN geplaas kan word na Israel se onttrekking, moet oorweeg word, aldus die Israelse minister van buitelandse sake, Avigdor Lieberman.
Erge armoede neem wêreldwyd af – VN-verslag
Baie erge armoede het wêreldwyd afgeneem sedert wêreldleiers in die jaar 2000 ooreengekom het om erge armoede teen 2015 met die helfte te verminder.
Brittanje moet weer met Argentinië oor Falklande onderhandel
Die VN se dekolonisasiekomitee het eenparig ‘n resolusie aanvaar dat Brittanje met Argentinië onderhandel oor die soewereiniteit van die Falklandeilande, berig The Telegraph.
VN-veiligheidsraad wil volksmoorde voorkomend aanspreek
Met die VN-veiligheidsraad se bespreking ter herdenking van die Rwandese volksmoord van 1994, het die lidlande besluit dat die probleem in die toekoms meer doelbewus en sistematies as reaktief, soos in die verlede, aangespreek moet word.
Miljoene kinders ongeletterd – VN
Sowat 250 miljoen van die 650 miljoen kinders wat oud genoeg is om grondslag-onderrig te ontvang, is ongeletterd, luidens ‘n verslag van die VN.
Video: Petisie vir prioritisering van plaasmoorde begin
AfriForum het Dinsdag ‘n petisie vir die prioritisering van plaasmoorde van stapel gestuur, wat onder meer eersdaags by die Verenigde Nasies se Minderheidsforum ingedien gaan word.
Vier sterf ná helikopter neerstort
Vier mense is dood nadat ʼn helikopter, wat aan die Verenigde Nasies (VN) behoort het, Sondag in die Demokratiese Republiek van die Kongo neergestort het.