Al het Volkswagen se Amarok nie ʼn reusemarkaandeel nie, is die Amarok ʼn fantastiese bakkie, en die V6 beslis die beste enjin in ʼn dubbelkajuit in Suid-Afrika.
Alles vir die sleutelwoord "Volkswagen"
Volkswagen se reusepaneelwa…
Volkswagen se Caddy is ʼn goeie paneelwa as jy nie groot loonvrag benodig nie, maar waar kyk ʼn mens dán.
Bekendstelling: Die Golf R wat SA nog altyd verdien
Hoewel jare lange toetse nodig was, het Duitsland uiteindelik ingestem om die vol-vet Golf R van 228 kW aan die Suid-Afrikaanse mark te bied.
Sleeptoets: Tow-reg?
Dit is nie goedkoop nie, maar dit is ʼn uiters luukse skouperd. Dit is mooi, sonder om uitspattig te wees. Eish, maar daai enjin is net te lekker … skryf Brendon Staniforth.
Padtoets: Kewerkoors…
VW het pas ʼn beperkte-weergawe Volla bekendgestel, en ek wou hom ʼn bietjie toets en sien of hy my hartsnare roer, skryf Brendon Staniforth.
Motorverkope: Groot skommelinge onder top-10-vervaardigers
Te midde van beter as verwagte voertuigverkope in Junie vanjaar was daar redelik dramatiese skommelinge onder die sogenaamde toptien-vervaardigers.
Padtoets: Die McGuyver-mes
Indien jy ʼn veelsydige luikrug soek wat ook jou broek aan die brand kan steek met sy spoed, én ʼn ysige, modderige of nat pad kan baasraak, lees hiér wat skryf Brendon Staniforth.
Bekendstelling: Die voorvader se kleinboet …
Kyk, dié motor is ʼn wenner. Ek’t nog nie met een motorjoernalis gesels wat nie so dink nie, skryf Brendon Staniforth.
Padtoets: Met ouderdom kom wysheid
Die Golf GTD is steeds ʼn Golf, in sy modieuse pak. Jy kan met die eerste aangesig sien dit is nie net ʼn gewone Golfie nie, maar eerder een met beter maniere en sportiewe intensies.
Bekendstelling: Só lyk VW se nuwe handelsvoertuig
Sedert 1975 dien die VW Crafter as pakdonkie oor die hele wêreld. Die nuwe Crafter is die vierde weergawe en beweeg heeltemal weg van die ooreenkoms met Mercedes-Benz – dié Crafter is heeltemal nuut en 100% Volkswagen.
Volkswagen herroep duisende nuwe Polo’s
Die motorvervaardiger Volkswagen het Dinsdag bevestig dat hy duisende van sy nuwe Polo’s gaan herroep weens ʼn moontlike veiligheidskwessie.
Dieselvoertuie in SA: Is daar rede tot kommer?
Veral op sosiale media is talle gesprekke oor die toekoms van dieselvoertuie in die land, en meeste van dié gespreksleiers hou voornemende motorkopers onder die indruk dat dieselaangedrewe motors geen toekoms het nie, veral nie in Suid-Afrika nie.
Regstappe oorweeg ná wit man by kompetisie weggewys word
Volkswagen Motorsport moet bontstaan om vure dood te slaan ná ʼn jong wit man by ʼn kompetisie van die motorhandelaar weggewys is omdat hy wit is.
Bekendstelling: Spasie vir ʼn nasie
Al die mededingers gaan nou nóg harder pak gaan kry, want die Volkswagen Tiguan Allspace bied nou sewe sitplekke, skryf Brendon Staniforth.
Voor-belasting stormloop deur kopers
Met die onlangse aankondiging van ’n verhoging in BTW en ad valorum-belasting (duurder voertuie vir die rykes) kan ’n mens verwag dat die Maart-verkopesyfers kunsmatig hoog sou wees – en dit het toe inderdaad gebeur.
Bekendstelling: Nóg ʼn suksesvolle Volkswagen-resep
Volkswagen het so pas sy splinternuwe Polo Vivo bekendgestel. In ʼn neutedop? Dis puik, meen Brendon Staniforth.
Bekendstelling: Volkswagen stel die nuwe maatstaf
Volkswagen het pas die splinternuwe weergawe van die Polo bekend gestel.
[Foto’s] Padtoets: Soos jou lekkerste paar skoene…
Die GTi is vir my ʼn briljante balans tussen “net ʼn luikrug” en ʼn sportmotor. Dié Volkswagen gaan baie ver om alles vir almal te wees, skryf Brendon Staniforth.
Verbruikersake: Kredietreguleerder vat nóg ʼn motorfinansierder vas oor op pad- fooi
Die Nasionale Kredietreguleerder het ʼn voldoeningskennisgewing uitgereik aan Volkswagen Financial Services South Africa omdat die instansie ʼn op pad- fooi, ʼn administrasiefooi en ʼn hanteringsfooi op kredietooreenkomste hef vir motorfinansiering.
[Foto’s] Sleeptoets: Die Amarok kraai koning
By Eiland Spa kom vra klomp manne of dit sy bakkie is. Met ʼn traan in die oog moet hy vir hulle sê dat hy met hom ry, maar dat die bakkie ongelukkig nie syne is nie, skryf Brendon Staniforth.