Terwyl jou kar versien word, kan jy sommer jou naels en hare ook laat versorg.
Alles vir die sleutelwoord "vroue"
Binnemuurse krieket: Vrouespan wil beker huis toe bring
Ten spyte van talle uitdagings presteer die span goed en die vroue, wat almal voltyds werk, se passie is duidelik as dit kom by dié sport.
Lesersbrief: New York vroue-optog verwarrend
Miskien is my morele kompas foutief. Of miskien is Donald Trump se klein grypende hande die grootste bedreiging vir vroue. Ek weet nie, al wat ek geweet het daardie sonnige Saterdag is dat ek skoon vergeet het van my koffie.
Luister: Hannes van Wyk vereer die vroue in sy lewe
Hannes van Wyk het in Maroela Media se ateljee ʼn draai kom maak om te gesels oor sy boek, ‘Vroue na aan my hart’.
15 minute saam met M-Net se uitvoerende hoof
Yolisa Phahle (50), die vrou wat in 2014 as uitvoerende hoof van M-Net Suid-Afrika aangestel is, het vanjaar se Silwerskermfees in Kampsbaai bygewoon. Maroela Media het die geleentheid gekry om met dié indrukwekkende vrou oor haar werk en lewe te gesels.
BoekeJol- en Filmrolfees: Vrolike oggend vir vroue
ʼn Vrolike vrouefees lei vanjaar se tweede “BoekeJol- en Filmrolfees” in. Vroue kan verwag om ʼn heerlike ontbyt te geniet terwyl daar ingekleur, opgedollie, gesing en gelees word. Die tema vir die oggend se kleredrag is ook “die diva in jou”.
Gratis motordiens vir enkelma’s
“Ons het net gevoel ons kan elke week vir ʼn enkelouer ʼn gratis basiese motorversiening verskaf. Dit kos ons nie so baie nie en dit is juis daardie mense wat hulp nodig het – enkelma’s wat huur, skoolfonds en sulke goed moet betaal.”
Wat is jóú roeping as vrou?
Streef gerus na iets meer, iets hoër. Vind daardie een ding wat jou hart warmer laat klop, en as dit nog jou brood en botter kan word, des te beter. Om jou roeping uit te leef behoort nooit onderhandelbaar te wees nie.
Mama Afrika: ‘Doen iets vir ander’
Prof. Vlok is ʼn voorbeeld van watter invloed een persoon kan hê as hy of sy net die wil het. Sy meen dat elkeen ʼn verskil in iemand se lewe kan maak, en dat jy net om jou moet kyk om te sien waar die nood is.
Kollig-vroue deel hul hart in geselsvideo’s
4Minutes #CoffeeandConvo’s, ʼn YouTube-videoreeks met Karien Basson, Tanya van Graan, Leigh-Anne Williams en Rouchelle Liedeman, is ʼn versameling van vier-minute-geselsvideo’s wat beloof om alle aspekte van die lewe aan te raak – waaronder dié temas waaroor ander nie praat nie.
Handwerk en kunswerk uitgestal
Sowat tagtig vroue met vlytige vingers het verlede naweek in Lyttelton bymekaar gekom om hul werk van die afgelope jaar uit te stal en die jaar op ʼn hoë noot af te sluit.
Luister: Dameskring ʼn hartsorganisasie vir dinamiese vroue
Marda Oosthuyzen, president van Die Dameskring, het in die ateljee kom kuier en met Esté Meyer Jansen gesels oor die organisasie se werksaamhede.
Boek: Humor- en troosbeskuit
Susan gee ons raad oor hoe om blou Maandae, geen melk in die yskas en ESKOM se loadshedding te hanteer deur alles in ’n stewige omhulsel van humor te plaas.
Waar kruip jy weg, Afrikanervrou?
Waar is jou “kaalvoet oor die Drakensberge”-geveg vandag? Daardie vroue se bloed druis ook deur jou are en dit maak dat jy wil DOEN. Nie vra nie, nie smeek nie, doen. Bou aan ons land, sodat ons iets vir ons kinders kan nalaat.
Luister: Carla van der Spuy vra waarom vroue agter tralies beland
Wat laat vroue moor? Wat het so verskriklik skeefgeloop in hul lewens dat hulle tot sulke uiterstes gegaan het? Carla van der Spuy se jongste nie-fiksie boek, Bloed op haar hande – vroue agter tralies, vra hierdie soort vrae.
Luister: Jaarlikse Jakaranda-landbouskou fokus vanjaar op die wildplaasbedryf
Wim du Toit, uitvoerende hoof van die Jakaranda-landbouskou, het met Esté Meyer Jansen gesels oor die hoogtepunte by vanjaar se skou.
Luister: Womentality-slypskool leer vroue van vreesloos vrouwees
Dié gewese Mejuffrou Suid-Afrika, Melinda Bam, en gewese Mejuffrou Suid-Afrika Eerste Prinses, Anja van Zyl, reis tans die land plat met hul Womentality-slypskool waar hulle verskeie aspekte van vrouwees met meisies en jong vroue bespreek.
Boek: Jy het ‘n keuse
Elke dag moet vroue honderde besluite neem. Watter strategieë kan hulle gebruik om die beste besluite te neem?
Alle vroue en meisies in “Kalifaat” moet besny word
Die jongste fatwa wat uitgereik is, las dat alle vroue en meisies in die “kalifaat”, wat groot dele van Irak en Sirië insluit, die vroulike besnydenis moet ondergaan.
Twee vroue deur trok doodgery
Twee vroue is dood en ‘n agtjarige seun is in ‘n kritieke toestand nadat hulle in aparte voorvalle deur ‘n vragmotor omgery is.