ʼn Egpaar is Saterdag in die vroeë oggendure deur twee aanvallers oorval en aangerand op hul plaas in die Verkykerskop-gebied in die Vrystaat.
Alles vir die sleutelwoord "Vrystaat"
Grusame toneel op Vrystaat-varkplaas gevind
Inspekteurs van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het onlangs op ʼn grusame toneel afgekom toe hulle ʼn varkplaas buite Brandfort in die Vrystaat besoek het.
Parys-boere: Intimidasie-klag teruggetrek
ʼn Aanklag van intimidasie teen Boeta van der Westhuizen, een van die beskuldigdes in die opspraakwekkende Parys-moordsaak, is Vrydag in die plaaslike landdroshof teruggetrek.
Vrou in hof oor R1 miljoen in geiser
ʼn 32-jarige vrou van Welkom in die Vrystaat, het Woensdag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat gouddraende materiaal en R1 miljoen in kontant in haar besit gevind is.
Twee speurders vas oor ‘omkoopgeld’
ʼn Adjudant-offisier en sersant van die Mangaung-speurdiens in die Vrystaat, is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle glo R100 000 se omkoopgeld van ʼn verdagte in ʼn diefstalsaak ontvang het.
[Foto’s] Vrystaat-boere loop deur onder veediewe
Boere in die Steynsrus-gebied in die Vrystaat het die afgelope paar weke erg onder veediefstal deurgeloop, met tientalle vee wat brutaal op plase geslag en weggedra is.
Welkom-haarkapper met gordyntou verwurg
Die liggaam van André Christiaan Gebhardt (53), ʼn haarkapper van Riebeeckstad in Welkom, is Dinsdagoggend in sy huis aangetref van waar hy ook sy salon bedryf.
UV-betogings: Aanklagte teen 7 studente teruggetrek
Die aanklagte teen sewe studente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat in Februarie tydens die gewelddadige studentebetogings op die kampus in hegtenis geneem is, is teruggetrek.
‘Arm’ ma vermoor glo eie baba
ʼn Ma van Smithfield in die Vrystaat het glo haar eenjarige seun vermoor omdat sy nie geld gehad het om vir hom kos te koop nie.
Bejaarde in kattebak toegesluit tydens huisroof
Twee mans is in hegtenis geneem nadat ʼn 86-jarige vrou in haar huis in Reddersburg in die Vrystaat oorval is.
Lid van provinsiale wetgewer vas oor winkeldiefstal
ʼn Vrou, glo ʼn lid van die Vrystaatse provinsiale wetgewer, is in hegtenis geneem nadat sy glo probeer het om naellak en oorbelle uit ʼn bekende kettingwinkel in Kaapstad te steel.
‘Die ander konsert’ op Vrystaat Kunstefees te sien
Die musiekproduksie Die ander konsert is weer vanjaar van 11 tot 16 Julie op die jaarlikse Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein te sien.
Verdagtes vas oomblikke ná Warden-plaasaanval
Vier verdagtes is Maandag binne ʼn halfuur vasgetrek ná ʼn aanval op ʼn plaas buite Warden in die Vrystaat.
Ouers laat kinders glo alleen, gaan drink
ʼn Vrystaatse paar het Maandag in die Ladybrand-landdroshof verskyn nadat hulle oor die naweek albei hul kinders glo sonder toesig gelaat het om te gaan drink.
Motorfiets ry tiener dood
ʼn 15-jarige meisie is Donderdagmiddag in Ventersburg in die Vrystaat deur ʼn motorfiets doodgery.
Man gevonnis ná hy seuntjie (3) verkrag
“Tabile het die seun gedra toe hulle by die ouma se huis aangekom het en hy het gehuil. Die ouma het onraad gemerk en sy het die kleuter gevra wat fout is.”
Tienerseun glo oor klere vermoor
ʼn Tienerseun is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo Saterdagmiddag sy 17-jarige vriend met ʼn mes doodgesteek het.
Drie sterf in Vrystaat-botsing
Drie mense, onder wie ʼn kind, is dood en vyf beseer in ʼn botsing op die R30 tussen Virginia en Theunissen in die Vrystaat.
Parys-moorde: Vier nuwe verdagtes in hof
Die drie verdagtes wat vandeesweek in hegtenis geneem is in verband met die opspraakwekkende Parys-moordsaak, het Donderdag saam met nog ʼn minderjarige verdagte in die plaaslike landdroshof verskyn.
Parys-boere: Nog drie vas
Nog drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die saak teen die Parys-boere wat aangekla word van die moord op twee vermeende plaasaanvallers.