ʼn Vrou is kritiek en nog ʼn man beseer nadat die muur van ʼn parkeerterrein by ʼn Bloemfonteinse winkelsentrum op hulle ineengestort het.
Alles vir die sleutelwoord "Vrystaat"
Twee sterf, vier beseer in dramatiese skietvoorval
Twee mense is dood en vier beseer nadat ʼn man glo op ʼn minibustaxi vol passasiers losgebrand het voordat hy homself geskiet het.
Bfn-restauranteienaar vas oor perlemoen
Die eienaar en kok van ʼn restaurant in Bloemfontein is in hegtenis geneem nadat ʼn wenk ontvang is dat daar perlemoen by die restaurant verkoop word.
Polisie soek vrou oor babalykie in rioolwerke
ʼn Babalykie is in ʼn munisipale rioolpompstasie in Virginia in die Vrystaat gevind.
Vrystaat-bejaarde se lyk gevind; vermoedelik versmoor
Die liggaam van Sophie Gehring (72) is Dinsdagaand gevind met ʼn plastieksak oor haar kop getrek.
Man in kop geskiet tydens inbraak
Die polisie in die Vrystaat is op soek na twee verdagtes wat glo ʼn 28-jarige man doodgeskiet het en ʼn 81-jarige vrou in Wepener geskiet en gewond het.
Harrismith-plaasaanval: ‘Yster’-boervrou uit hospitaal ontslaan
Alison Oates, die 58-jarige weduwee en boervrou van die Vrystaat wat Sondagmiddag op haar plaas naby Harrismith aangeval, gemartel en verkrag is, is Maandag uit die hospitaal ontslaan en sterk by familielede aan.
Geslagsdele in vrieskas: Deen doen nie aansoek om borgtog
Die polisie glo dat Frederiksen al sedert 2010 operasies op vroue uitvoer. Die meeste van sy slagoffers is vermoedelik van Lesotho afkomstig. Een van hulle is glo net sewe of agt jaar oud.
Man sterf in botsing toe motor langs pad vasval
ʼn Man is Sondagaand dood nadat ʼn swaargoederevoertuig teen sy motor gebots het wat langs die pad gestaan het nadat dit in modder vasgeval het.
Weduwee op Vrystaat-plaas gemartel, verkrag
ʼn 58-jarige weduwee van die Vrystaat is Sondagmiddag op haar plaas naby Harrismith aangeval, gemartel en verkrag.
Bfn-sakeman vandag in hof oor geslagsdele in vrieskas
Die Deense man wat verlede maand in Bloemfontein in hegtenis geneem is nadat die polisie vroue se geslagsdele in sy vrieskas gevind het, sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Vrou ernstig beseer in valskermsprong
ʼn Bloemfonteinse vrou is ernstig beseer toe sy Saterdag vir die eerste keer ʼn valskermsprong gedoen het.
Vrystaters ervaar ligte aardbewing
Inwoners in gedeeltes van die Noord-Kaap en die Vrystaat het Donderdagnag glo ʼn ligte aardbewing ervaar.
Chaos by Bloemfontein-skole ná bende-gerug
Nadat ’n gerug dat bendes skole teiken verlede week in Bloemfontein chaos veroorsaak het, het die polisie ʼn beroep op inwoners gedoen om nié gerugte te versprei nie.
Kleuter skok dood op Vrystaat-plaas: ‘Boetie kom nooit weer huis toe nie’
“Toe die ambulans daar aankom, het hulle nog lank met hom gespook en hom probeer bybring, maar ek kon sien dit was tevergeefs. Hy was klaar weg.”
Deen wat glo vroue skend ook in Lesotho vas
Die Deen wat glo vroue geskend en hul geslagsdele in die vrieskas by sy huis in Bloemfontein gehou het, is vroeër vanjaar in Lesotho in hegtenis geneem.
[Foto’s] Heilbron loop wéér onder brandstigters deur
Nege voertuie is Maandagaand op verskeie plekke op Heilbron in die Vrystaat aan die brand gesteek.
Man in hof ná moorde op Vredefort-plaas
Die man wat verdink word van die moord op Hansie Raath (54) en twee kinders Saterdagaand op Raath se familieplaas naby Vredefort in die Vrystaat, het in die hof verskyn.
Skolier vas ná mesaanval op medeleerling
ʼn Gr. 10-leerling van ʼn Vrystaatse hoërskool is in hegtenis geneem nadat hy ʼn medeskolier glo agt keer met ʼn mes gesteek het.
Drie op Vredefort-plaas vermoor: ‘Sy vertroue het hom sy lewe gekos’
Hansie Raath (54), die man wat oor die naweek saam met twee kinders op sy familieplaas naby Vredefort in die Vrystaat met sy eie vuurwapen doodgeskiet is, het sy vermeende moordenaar geken.