ʼn Gewese slot van die Kings is Woensdag geskors ná ʼn voorval in ʼn Pro14-kragmeting Saterdag tussen Benetton Treviso en die Walliese streekspan Scarlets in Llanelli, Wallis.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "vuilspel"
‘Ligte’ skorsing ʼn kwaai slag vir Bulls
Selfs die betreklik ligte skorsing van een van hul uitblinkers is ʼn kwaai slag vir die Bulls, wat die afgelope tyd ʼn belowende opswaai in die Superrugbyreeks getoon het.
Bulls-bankstut drie weke lank geskors
ʼn Plaasvervanger-stut van die Bulls is drie weke lank geskors na ʼn gevaarlike duikslag in Vrydag se Superrugby-wedstryd teen die Chiefs in Hamilton, Nieu-Seeland.
Afkaak-Crusader oor Stormers-gevaarvat gemaan
Asof ʼn af kakebeen nie erg genoeg is nie, het die All Black-losskakel Richie Mo’unga homself ʼn waarskuwing op die hals gehaal ná die Crusaders se Superrugby-kragmeting Saterdag teen die Stormers in Christchurch, Nieu-Seeland.
Omstrede Hartley se hou ‘nie rooi kaart werd’
Die omstrede Engelse kaptein Dylan Hartley het daaraan ontkom om vir die soveelste keer in sy loopbaan geskors te word – dié keer ná ʼn hou wat ʼn teenstander bloedneus gelaat het.
‘Smyt idiote soos De Allende uit rugby’
Al manier wat hoogvatte in rugby uitgeskakel kan word, is “deur idiote soos [Damian] de Allende uit die spel te smyt”.
‘Omstrede’ twee dien in Kwagga se verhoor
Twee van die beamptes wat in die omstrede tugprosedure van die All Black Sonny Bill Williams betrokke was, dien in die tugkomitee wat Kwagga Smith se saak Maandag aanhoor.
Jongste in SBW-debakel verras selfs Wêreldrugby
Selfs Wêreldrugby (WR), die internasionale beheerliggaam van die spel, is verras met die jongste wending Donderdag wat die debakel rakende die All Black Sonny Bill Williams se afstuur weens ʼn hoogvat teen die Britse en Ierse Leeus geneem het.
All Blacks braak gal oor Sonny Bill se straf
Die Nieu-Seelanders braak gal oor die senter Sonny Bill Williams se skorsing tot ná die eerste Bledisloe-toets vanjaar.
Twee geskors ná handgemeen
Twee spelers is Sondag deur Sanzaar geskors nadat hulle Saterdag in ʼn Superrugbywedstryd handgemeen geraak het.
Twee van SA voor vuilspelkomitee ná rooi kaarte
Twee Suid-Afrikaanse spelers moet Sondag voor Sanzaar se vuilspelkomitee verskyn nadat hulle Saterdag rooi kaarte in die Superrugbyreeks op die lyf geloop het.
Lions-haker swaar gestraf vir kniestamp
Die Lions-haker Robbie Coetzee se rooi kaart in sy span se Superrugby-wedstryd teen die Kings op Ellispark het hom op die koop toe ʼn lang skorsing besorg.
Stormers-senter oor duikslag geskors
Die Stormers-senter Shaun Treeby is geskors ná ʼn gevaarlike duikslag in sy span se Superrugbywedstryd Saterdag teen die Blues op Nuweland.
Bulls-speler die swaarste gestraf
Die Bulls-slot RG Snyman is die swaarste straf opgelê in die tugverhore spruitende uit die afgelope naweek se Superrugbywedstryde.
Drie voor oor vuilspel in SA Superrugby-stryde
Drie spelers is voor Sanzaar se vuilspelkomitee gedaag ná voorvalle in Saterdag se Superrugby-kragmetings in Suid-Afrika.
Sanzaar waarsku Lions-afknouer
ʼn Brumbies-speler wat een van die Lions Vrydag met ʼn knie in die rug bygekom het, is deur Sanzaar se wedstrydkommissaris gewaarsku.
Cheetah gemaan, Kiwi uitgewys ná Superwedstryd
ʼn Speler van die Cheetahs is deur die Sanzaar-wedstrydkommissaris gewaarsku en een van die Nieu-Seelanders uitgewys ná Saterdag se Superrugby-wedstryd in Bloemfontein teen die Crusaders.
Sharks-speler swaar gestraf vir boorvat
Die Sharks-senter André Esterhuizen is swaar gestraf vir ʼn boorvat op ʼn teenstander in sy span se Superrugby-wedstryd Saterdag teen die Rebels.
Twee in tugsake ná Sharks-Rebels-botsing
Twee tugsake spruit voort uit Saterdag se Superrugby-botsing tussen die Sharks en die Rebels in Melbourne, het Sanzaar Sondag aangekondig.
Jaco Kriel se tugsaak lyk nie so eenvoudig
Die tugsaak teen die Springbok Jaco Kriel oor beweerde vuilspel Saterdag in ʼn Superrugby-wedstryd teen die Stormers lyk duidelik nie so eenvoudig nie.