In Suid-Afrika word verkiesingstyd gekenmerk deur ʼn toename in diensleweringsbetogings. Sommige gemeenskappe dreig ook om stemmery te ontwrig tot politici aandag aan hulle griewe gee.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Vuwani"
19-jarige gestraf vir Vuwani-geweld
Ontstelde inwoners het ses voertuie met klippe beskadig en die mobiele ablusiegeriewe by die sportgronde is omgekeer en beskadig.
Limpopo-skool aan die brand gesteek
ʼn Brand is Vrydagoggend gestig by ʼn skool in Limpopo.
Geweld teenoor joernaliste veroordeel
“Joernaliste het ʼn moeilike taak om hulself dikwels in plofbare situasies te begewe om sodoende die res van die land in te lig oor die gebeure.”
Vuwani: Zuma roep gemeenskap tot normaliteit
Pres. Jacob Zuma het inwoners van Vuwani in Limpopo Sondag gemaan om weer normaliteit in die omgewing te bewerkstellig.
Tiener vas oor brandstigting by skole in Limpopo
ʼn 16-jarige tienerseun is in hegtenis geneem op aanklag van brandstigting by twee skole in Vuwani in Limpopo, het die polisie Dinsdag gesê.
Brandstigters teiken nog ʼn skool in Vuwani-gebied
Nog ʼn skool in Limpopo se Malamulele-distrik het onder brandstigters deurgeloop nadat dit Sondag in die vroeë oggendure naby die Mukhomi-nedersetting aan die brand gesteek en heeltemal verwoes is.
Nog ʼn Vuwani-skool in vlamme gehul
Nóg ʼn skool is Dinsdagaand in Vuwani in Limpopo aan die brand gesteek. Dit is een van minstens 25 skole in die gebied wat vanjaar onder brandstigters deurgeloop het.
Verkiesing: Vuwani-inwoners gaan eerder sokker speel
In die stowwerige strate van Vuwani se informele nedersetting, Vyeboom, hang geen verkiesingsplakkate van partye of onafhanklike kandidate nie. In teenstelling met ander gebiede, kon geen politieke party die inwoners van dié gebied bekoor of beloftes aan hul maak nie.
Geen teken van vrede in Vuwani
Geweld het weer Donderdag in Vuwani in Limpopo opgevlam ondanks ʼn vredesooreenkoms wat tussen die gemeenskap en die departement van samewerkende regering en tradisionele sake onderteken is.
Veiligheidsplanne gereed vir verkiesing in Vuwani
Ná onderhandelinge vir vrede in die gebied vasgeval het, het betogers onderneem om die gebied onbegaanbaar te maak op 3 Augustus wanneer die munisipale verkiesing sal plaasvind.
Voertuie in Vuwani met klippe bestook
Vier voertuie, waaronder ʼn polisievoertuig, is Woensdagaand in Vuwani in Limpopo beskadig.
Vuwani-matrikulante probeer inhaal
Matrikulante in Vuwani in Limpopo het met programme begin om agterstallige werk in te haal nadat hulle vir byna nege weke lank skool gemis het weens gewelddadige betogings in die gebied.
‘Argitekte van Vuwani-krisis’ moet nou oplossing vind, sê Sadou
Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) in Limpopo het Dinsdag gesê die “argitekte” van die betogings wat Vuwani in ʼn krisis gedompel het, moet nou die krisis oplos ná ʼn ingrypingspan gefaal het.
Vuwani-matrieks kan nie eksamen skryf nie
Ongeveer 2 500 Limpopo-matrikulante het Maandag die teleurstellende nuus gekry dat hulle nie saam met die res van die land kan eksamen skryf nie.
Vuwani-matrikulante angstig om weer met skool te begin
Daar is nog nie enige planne om die 2 500 matrikulante in Vuwani te verplaas nie en die skole het nog nie weer begin ná 20 skole onlangs in dié deel in Limpopo afgebrand is nie.
Nog ʼn skool in Limpopo afgebrand
Nóg ʼn skool in Limpopo is aan die brand gesteek in die voortslepende betogings oor munisipale afbakeningsgebiede, het Des van Rooyen, minister van samewerkende regering, Dinsdag gesê.
Polisie verskerp Vuwani-ondersoek
Tien verdagtes sal Dinsdag in die hof verskyn in verband met openbare geweld in Vuwani, Limpopo.
Nog geen skool vir Vuwani-leerlinge
Hoewel mobiele klaskamers reeds in Vuwani, Limpopo afgelewer is, het onderrig by skole in die gebied nog nie hervat sedert dit einde April deur gewelddadige betogings ontwrig is nie.
LP’s bespreek Vuwani-situasie
Lede van die parlement het Dinsdag ʼn debat gehou oor die onlangse onrus in Vuwani in Limpopo waar 20 skole afgebrand of erg beskadig is.