Al die nodige reëlings is getref sodat onderrig by skole in die Vuwani-gebied in Limpopo Maandag hervat kan word nadat skole byna twee weke lank weens gewelddadige betogings gesluit was, het die departement van basiese onderwys gesê.
Alles vir die sleutelwoord "Vuwani"
Raadslid, 3 ander vas oor Limpopo-betogings
Nog vier mense, onder wie ʼn raadslid, is in hegtenis geneem in verband met die betogings in Vuwani, Hlanganani en Levubu in Limpopo die afgelope twee weke waartydens talle skole, geboue en voertuie aan die brand gesteek en beskadig is.
ANC maai wat hy saai in Vuwani
Die gebeure in die Vuwani-streek in Limpopo is ’n uitstekende mikrokosmos van SA se probleme en foute. Dit is ook ’n harde ironiese eggo van die verlede in die hede.
Planne gemaak vir Vuwani-skoliere
Volgens minister Des van Rooyen het 24 skole onder betogers deurgeloop, maar word nog ʼn bykomende 88 skole deur die betogings geraak omdat die skole moes sluit weens die spanning in die gebied. Altesaam word ongeveer 86 000 leerders geraak.
Vuwani-betogings: Miljoene nodig om skole te herbou
Dit sal die regering na verwagting honderde miljoene rande kos om die skole te herbou wat tydens die betogings in die Vuwani-gebied in Limpopo aan die brand gesteek is, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Dinsdag gesê.
Nog 8 vas vir Limpopo-betoging
Nog agt mense is in hegtenis geneem in verband met die betogings in die Vhembe-distrik in Limpopo waartydens 24 skole vandeesweek aan die brand gesteek is.
Inwoners gryp self in om skole te beskerm
Inwoners van Vuwani in Limpopo het self patrolliegroepe gevorm om deurnag hul skole van gewelddadig betogers te beskerm.
15 skole deur Limpopo-betogers gebrand
Nog twee skole in Vuwani, Limpopo, is Woensdag aan die brand gesteek in die voortslepende betogings oor munisipale afbakening. Dit bring die getal skole wat tydens die afgelope week se betogings gebrand is op 15 te staan.
Toegang tot Vuwani versper terwyl betogings woed
Paaie in Vuwani, Limpopo, was Dinsdagoggend steeds afgesper nadat besighede oornag geplunder is terwyl inwoners steeds betoog teen die beplande insluiting in die nuut afgebakende Malamulele-munisipaliteit.
Limpopo-betogings: Situasie stil, maar gespanne
Die situasie in die Vuwani-gebied buite Thohoyandou in Limpopo is steeds baie gespanne ná die gewelddadige betogings wat die afgelope week daar gewoed het.