Bozwana en ʼn vennoot, Betty Mpho Baloyi, het op 2 Oktober 2015 omstreeks 15:50 in ʼn geel Renault Clio in Garsfonteinweg, Pretoria, gery toe daar skote op hul motor afgevuur is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Wandile Bozwana"
Moord op sakeman: Dié ‘huurmoordenaar’ gesoek
Die Valke het die publiek gevra om te help met die soektog na die man wat daarvan verdink word dat hy die bekende Noordwes-sakeman, Wandile Bozwana, in Oktober 2015 doodgeskiet het.
Nagklubbaas in hof vir Bozwana-moord
ʼn Pretoriase sakeman wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die bekende Noordwes-sakeman, Wandile Bozwana, het Woensdag vlugtig in die Pretoria-landdroshof verskyn.
Bozwana-moord: Sakeman vas
ʼn Pretoriase sakeman is in hegtenis geneem in verband met die moord op die bekende Noordwes-sakeman, Wandile Bozwana.
Bozwana-moord: ‘Moordenaars’ beweer hulle is gemartel
Die twee mans wat van die moord op ʼn bekende sakeman van Noordwes, Wandile Bozwana, beskuldig word, het Woensdag in die hof beweer hulle is gemartel om skuld te beken.
Bozwana-saak uitgestel
Die saak teen twee mans wat van die moord op ʼn bekende sakeman van Noordwes, Wandile Bozwana, beskuldig word, is Vrydag in die landdroshof in Pretoria uitgestel tot Desember.
Twee vas ná moord op sakeman in Pta
Twee mense is in hegtenis geneem in verband met die voorval verlede maand waarin verskeie skote afgevuur is op die motor waarin ʼn sakeman en sy kollega gery het in die ooste van Pretoria.
Polisie veroordeel ‘geen werk’-versoek vir Bozwana gedenkdiens
Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê dit het onder hulle aandag gekom dat gemeenskapslede onder dwang geplaas word om nie Donderdag te gaan werk nie.
Sakeman se skietdood meer as ‘net gewone polisieondersoek’
Bozwana het glo al meer as R1 miljard se kontrakte van Noordwes se provinsiale en plaaslike regerings ontvang. Hy was ook glo betrokke by regeringsprojekte ter waarde van R305 miljoen.
Pta-man wat in motor geskiet is, sterf
Die man wat gister saam met ʼn kollega verskeie kere in hul motor op Garsfonteinweg in Pretoria geskiet is, het aan sy wonde beswyk.
Twee verskeie kere uit bewegende motor in Pretoria geskiet
Twee mense is in ʼn kritieke toestand nadat hulle Vrydagmiddag verskeie kere in hul motor op Garsfonteinweg in Pretoria geskiet is.
Hof beslis ten gunste van AfriForum in muilbandsaak
Die Noord-Gautengse hooggeregshof het ʼn dringende aansoek van die omstrede sakeman Wandile Bozwana teen AfriForum met koste van die hand gewys.
“Omstrede” sakeman wil AfriForum muilband
Die omstrede sake-onderneming TEB Properties en sy direkteur, Wandile Bozwana, bring Dinsdag ’n dringende aansoek in die Noord-Gautengse hooggeregshof om AfriForum te verhoed om verder in die openbaar menings oor sy sakebedrywighede uit te spreek.