Die voorsitter van die portefeuljekomitee oor water en sanitasie het Saterdag gesê daar is geen waterkrisis in Gauteng nie.
Alles vir die sleutelwoord "water"
Gauteng-waterkrisis: Toevoer teen dan herstel
Die watertoevoer na alle dele van Gauteng sal binne twee weke herstel wees mits daar nie kragonderbrekings voorkom nie, het Rand Water Saterdag gesê.
Gauteng-waterkrisis “vir eers onder beheer”
Die watertekort-krisis in Gauteng is vir eers onder beheer, volgens Rand Water.
Video: Gauteng-waterkrisis sleep voort
Die minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane, en ‘n senior afvaardiging van haar departement was in ‘n noodvergadering met die hele raad van Rand Water.
Water-tekort: JHB grootliks herstel; PTA nog sonder water
Minder as 2% van inwoners in Johannesburg sukkel nog met watertekorte, maar groot dele van Pretoria het nog steeds nie watertoevoer nie.
Groot onduidelikheid oor water in JHB, PTA
Ná watertekorte die afgelope week was dit Woensdag nog steeds nie duidelik wanneer dele van Johannesburg en Pretoria weer water gaan hê nie.
Pretoria-buurte sonder water
Meeste voorstede in Pretoria was Dinsdag sonder water ná probleme by die Palmiet-pompstasie.
Hof las dat watertoevoer na skole herstel word
Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het vandag in ʼn dringende aansoek wat deur AfriForum en FEDSAS gebring is, beveel dat watertoevoer na skole in Vanderbijlpark herstel word.
Talle Gauteng-skole glo sonder water
Die Emfuleni-munisipaliteit, wat onder andere Vereeniging en Vanderbijlpark in Gauteng beheer, is glo sedert Woensdag besig om watertoevoer by skole in die gebied af te sny omdat die skole glo agterstallig is met erfbelasting.
Bloemhof-water: ‘Munisipale bestuurder aangekla’
Die burgerregte-organisasie AfriForum sê die Bloemhof-gemeenskap het ’n strafregtelike klag teen die voormalige munisipale bestuurder van Bloemhof, Andrew Makuapane, ingedien oor die dorp se water.
Phalaborwa sonder water
Watertoevoer na Phalaborwa in Limpopo is afgesny omdat die munisipaliteit glo meer as R200 miljoen agterstallig is, het Beeld Donderdag berig.
Video: “Wag hulle vir babas om dood te gaan?”
Inwoners van verskeie dorpe in Mpumalanga waarsku dat ‘n waterkrisis daar dreig. Rioolvuil loop in verskeie riviere in dié provinsie in.
Stellenbosch nié sonder water
Stellenbosch in die Wes-Kaap sal nie hierdie naweek watervoorsieningsprobleme ondervind nie.
Bloemhof-water: 21 babas in hospitaal
Altesaam 21 babas van Bloemhof in Noordwes is sedert verlede week in hospitale opgeneem weens erge diarree nadat hulle glo besmette water ingekry het.
Stadsbestuurder glo geskors oor Bloemhof-waterbesmetting
Andrew Makwapane, die stadsbestuurder van die Lekwa-Teemana-munisipaliteit, is geskors na bewering in verband met die waterbesmettingkrisis in Bloemhof in Noordwes, wat reeds die lewens van drie babas geëis het.
Bloemhof-water: Dodetal styg tot drie
Nóg twee babas is in Bloemhof in Noordwes dood weens ernstige diarree opgedoen nadat water in die gebied besmet is.
Bloemhof-water: Vyf babas in hospitaal
Vyf babas word in ‘n hospitaal in Bloemhof in Noordwes behandel nadat ‘n ander baba vroeër die week dood is nadat hy ernstige diarree opgedoen het weens waterbesmetting.
Bloemhof-water: Kind sterf, water getoets
Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan watertoetse in Bloemhof doen nadat ‘n kind dood is en meer as 200 mense die afgelope twee dae na dokters en klinieke begin stroom het met simptome van cholera.
Bloemfontein dalk binnekort sonder water
Bloemfontein en Botshabelo kan moontlik teen Augustus sonder water sit, het die burgerregte-organisasie AfriForum, in ʼn verklaring gesê.
Man vas toe hy rioolstorting ondersoek
CW Els, ʼn gemeenskapskoördineerder van die burgerregte-organisasie AfriForum, moet eersdaags in die Petrus Steyn-landdroshof verskyn nadat hy van betreding aangekla is toe hy klagtes oor vermeende rioolstorting in dié dorp in die Vrystaat ondersoek het.