Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, eis R2,5 miljoen vir die tyd wat hy in aanhouding was nadat sy parool verlede jaar teruggetrek is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "waterkloof vier"
Nog geen besluit oor Du Preez se paroolaansoek nie
Die paroolraad het nog nie ʼn besluit geneem oor Frikkie du Preez, een van die sogenaamde Waterkloof-4, se paroolaansoek nie, het die departement van korrektiewe dienste Vrydag gesê.
Frikkie du Preez ‘se regte geskend’
Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag beslis dat ‘n nuut saamgestelde paroolraad Frikkie du Preez, een van die sogenaamde Waterkloof vier, se paroolaansoek moet heroorweeg.
Frikkie du Preez vra weer parool
Frikkie du Preez, een van die sogenaamde Waterkloof vier, het ‘n dringende aansoek gebring om weer op parool vrygelaat te word, berig Beeld.
Tiedt se parool dalk in gedrang na ongeluk
Die departement van justisie en korrektiewe dienste sê hy sal ondersoek instel na die ongeluk waarin Reinach Tiedt, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, betrokke was en afhangende van die bevindinge kan dit moontlik lei tot die opskorting van sy parool.
Christoff Becker oorgeplaas weens “wangedrag”
Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, is na ʼn ander gevangenis oorgeplaas nadat daar verlede naweek ʼn selfoon in sy tronksel gevind is by die Kgosi Mampuru-Sentraal-gevangenis.
Waterkloof-twee: Korrupte tronkbewaarders dalk binnekort aangekeer
Die departement van korrektiewe dienste het Maandag gesê hulle ondersoek is byna afgehandel om die verdagte beamptes vas te trek wat glo twee van die sogenaamde Waterkloof-vier gehelp het om ʼn selpartytjie by die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria te hou.
Waterkloof-bewaarders gewaarsku
Sibusiso Ndebele, minister van korrektiewe dienste, het Dinsdag gesê enige beampte wat moontlik twee van die sogenaamde Waterkloof-4 met ʼn selpartytjie gehelp het, sal gestraf word.
Video: Waterkloof-4 op parool vrygelaat
‘n Vriend van die sogenaamde Waterkloof-vier sê hulle het berou oor hulle dade. Die vier moordenaars het as vry mans uit die tronk gestap nadat hulle vir parool gekwalifiseer het.
Waterkloof-vier vrygelaat
Die sogenaamde Waterkloof-vier is Dinsdag onder streng paroolvoorwaardes vrygelaat.
Twee van Waterkloof-4 gaan appelleer
Twee van die sogenaamde Waterkloof-vier het die Pretoriase hooggeregshof in kennis gestel dat hulle beplan om appèl aan te teken teen ʼn hofbevel wat hulle dwing om op 10 Julie terug te keer tronk toe.