Die Demokratiese Alliansie (DA) het Sondag gesê dit is geen verrassing dat pres. Jacob Zuma en sy kabinet vrygespreek is van die landing van die Gupta-vliegtuig by Waterkloof-lugmagbasis nie.
Alles vir die sleutelwoord "waterkloof"
Zuma glo nie betrokke by Gupta-landing
President Jacob Zuma en sy kabinet was glo glad nie betrokke in die landing van die Gupta-vliegtuig by Waterkloof-lugmagbasis nie.
Gupta-sage: Indiese Hoë Kommissie bevestig toestemming
Die Indiese Hoë Kommissie het toestemming gehad om ‘n privaatvliegtuig by Waterkloof-lugmagbasis te land, het die Hoë Kommissaris Donderdag gesê.
Gupta-familie kan dalk ondersoek word
‘n Ondersoek oor die beweerde onwettige landing van ‘n privaatvliegtuig by die Waterkloof-lugmagbasis kan moontlik daartoe lei dat die rol van die Gupta-familie in die sage ook ondersoek word.
Gupta: “SA moet dankbaar wees”
Die sakeman Atul Gupta het Vrydag gesê Suid-Afrikaners moet dankbaar wees vir die belegging wat die Gupta-familie in die land gemaak het deur die veelbesproke huwelik hier te hou.
Foto’s: DA wil Gupta-vervoerreëlings ondersoek
Die Demokratiese Alliansie (DA) het Dinsdag gesê die Gupta-familie se gebruik van Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria is ‘n misbruik van staatgeld en moet ondersoek word.
Gupta-troue: SANW glo onbewus van Waterkloof LMB-toestemming
Die weermag is glo nie bewus van enige toestemming wat aan die Gupta-familie verleen is om van die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria gebruik te maak nie.
Pa wat dogtertjie ontvoer verskyn in hof
Die pa wat na bewering sy sewejarige dogtertjie, Pura Pahlo, verlede week Woensdagoggend voor Laerskool Waterkloof in Pretoria-Oos ontvoer het, het Maandag in hof verskyn.