“Weens die beduidende neerslae wat die weerstelsel kan meebring, kan kitsvloede plek-plek voorkom.”
Alles vir die sleutelwoord "weer"
Só lyk jou weer vir Nuwejaar
Met die Nuwejaar-feesviering wat Sondag en Maandag landswyd gevier word, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens ʼn kykie gegee na die weertoestande wat verwag kan word.
Só lyk jou weer vir Kersnaweek
Terwyl talle Suid-Afrikaners hoop om hul Kersnaweek op die strand, in die swembad of voor die braaivleisvuur deur te bring, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) Donderdag ʼn kykie gegee na die weertoestande wat vir die komende naweek verwag kan word.
[Foto’s] Onverwagse sneeukombers vir SA
Sneeu in November in Suid-Afrika is beslis nie ʼn algemene verskynsel nie, maar dit is wel die prentjiemooi gesig wat talle Suid-Afrikaners vanoggend begroet het.
Waarskuwing vir donderstorms uitgereik
Die waarskuwing is gerig nadat reën Saterdagnag op verskeie plekke in die land geval het.
Verskeie waarskuwings vir donderstorms uitgereik
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Maandag waarskuwings uitgereik vir hewige donderstorms op verskillende plekke in die land.
500 skape vrek weens koue
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal die Oos-Kaap oor die volgende paar dae die ergste deurloop onder swaar reën en koue.
Weerdiens waarsku oor kitsvloede
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Saterdag ʼn waarskuwing uitgereik vir swaar reën en kitsvloede regoor Gauteng, asook ander dele van die land.
[Video] Tornado woed in Magaliesburg
Die afsnylaagweerstelsel wat die land in sy ysige greep beet het, het Maandagmiddag ook vir ʼn natuurlike skouspel in Magaliesburg in Gauteng gesorg.
Waarskuwings vir erge donderstorms, vloede uitgereik
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het talle waarskuwings uitgereik waaronder erge donderstorms met sterk winde, swaar reënval en hael oor groot dele van die land.
Weerdiens waarsku oor bibberweer, sneeu en swaar reën
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het waarskuwings uitgereik vir swaar reën en sneeu vir Maandag en Dinsdag in talle provinsies.
Pta-nooddienste waarsku oor kitsvloede
Die Tshwane-nooddienste is op ʼn hoë gereedheidsgrondslag geplaas nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens gewaarsku het dat swaar reënval moontlik kitsvloede in Pretoria kan veroorsaak.
2015 warmste jaar nóg
Die Amerikaanse nasionale oseanografiese en atmosferiese administrasie (NOAA) het Woensdag bekend gemaak dat 2015 amptelik die warmste jaar was sedert rekordhouding begin het.
Hittegolfwaarskuwing vir Pta uitgereik
Die Tshwane-nooddienste het ʼn waarskuwing uitgereik om Pretorianers en besoekers bewus te maak van uitermate warm toestande as gevolg van ʼn hittegolf wat tot minstens Donderdag kan voortduur.
Sneeufoto’s: Bibberweer vir die naweek voorspel
Die koudste naweek tot dusver vanjaar lê vir Suid-Afrikaners voor met sneeu wat reeds op plekke in die Oos-Kaap aangemeld is.
Só lyk die weer vir Paasnaweek
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Donderdag gesê dit sal meestal sonnig en warm oor die hele land wees oor die Paasnaweek, maar ‘n paar donderstorms word wel verwag.
Wanneer kom die reën?
Wanneer daar nie ‘n sterk ontwikkelde El Nino, of sterk ontwikkelde La Nina-stelsel is nie, is dit ‘n nagmerrie om oor die langer termyn weer te voorspel, sê Stefan Steyn, Landbouweerkundige van die Vrystaatse Universiteit.
Weerwaarskuwing vir Durban uitgereik
Die eThekwini-munisipaliteit het Dinsdag ʼn weerwaarskuwing vir Durban uitgereik.
Erge donderstorms verwag
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gesê erge donderstorms word Maandag landswyd in verskeie provinsies verwag.
Nóg ‘n kouefront verwag
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat die land weer koeler temperature teen die naweek te wagte kan wees.