Hier is nou ‘n oulike projek wat jy saam met ‘n kind kan aanpak: stuur maklik rookseine!
Alles vir die sleutelwoord "wenk"
Video: Maak jou eie hoeslekkertjies
Daar is min dinge so sleg as om heeltyd te hoes of te kug. Hierdie video wys jou hoe jy jou eie hoeslekkertjies kan maak.
Video: Maak jou eie geskenksakkies
ʼn Gekoopte geskenksakkie werk jou soms duurder uit as die geskenk! Hierdie oulike video wys jou hoe om baie maklik jou eie sakkies te maak.
Video: Só sny mens ʼn soetrissie
ʼn Soetrissie is veral heerlik in slaaie en pastageregte, maar dit is soms ʼn tameletjie om die soetrissie maklik te sny.
Video: Maak ʼn mooi sterretjie vir jou Kersboom
Hierdie pragtige 3D-sterretjie is baie maklik om te maak.
Video: Maak jou eie spitbraai
Ons almal weet hoe lekker sappig vleis kan wees as dit ordentlik oor ‘n spitbraai gaargemaak word. Suzelle DIY wys vir jou in dié video hoe om jou eie spitbraai te bou.
Video: Versierings vir die Kerstafel
Dié video wys jou hoe om baie maklik Kersboompies uit servette vir jou Kersfeestafel te vou! Selfs die kinders sal kan help om dié oulike versierings te maak.
Video: Masjien blaai spesiaal jou koerant
In dié video het Joseph ʼn baie ingewikkelde masjien gebou wat sy koerant kan omblaai.
Video: Voorkom dat jou karvensters opwasem
Hierdie video wys jou ‘n baie eenvoudige manier hoe om te voorkom dat jou die ruite in jou motor opwasem.
Video: Teken ‘n 3D-afdruk van jou hand
Hierdie “driedimensionele” prentjies is op ‘n plat stuk papier met ‘n paar inkleurpenne geteken. Dit is ‘n baie maklike optiese illusie en jou kinders gaan mal wees daaroor!
Video: Vou die wêreldrekordpapiervliegtuig
John Collins, die Guiness wêreldrekordhouer vir die beste papiervliegtuigontwerp, wys in dié video vir jou hoe om die beste papiervliegtuigie te vou. Kyk gerus ook na die oulike rekordpoging onderaan die berig.
Video: Hierdie piesang is klaar gesny!
Die gebruiker DaveHax het ‘n oulike wenk op YouTube gelaai waarmee jy kinders kan beïndruk!
Video: Trek ‘n perfekte sirkel met jou vryhand!
Dié video wys jou ‘n eenvoudige tegniek hoe om telkens ‘n perfekte sirkel met jou vryhand te trek. Die video is die afgelope vyf dae reeds meer as 2.7 miljoen keer gekyk.
Video: Só maak jy maklik jou eie lepel
Hier is ‘n handige wenk as jy ooit iewers sonder eetgerei sit, maar darem ‘n skêr en ‘n leë koeldrankbotteltjie by jou het. Die oulike lepeltjie is ook handig vir ‘n piekniek of selfs wanneer jy gaan kamp.
Video: Voorkom dat jou avo’s verbruin!
Avokado’s word baie vinnig bruin indien mens dit nie dadelik eet nie.
Video: Só skil (en bedien) jy pynappel!
‘n Pynappel is ‘n eienaardige vrug en soms gaan ‘n groot deel van die vrug verlore as mens dit nie korrek skil nie.
Video: Só sny jy ‘n waatlemoen
Daar is min dinge so lekker in die somer soos ‘n heerlike, sappige en stroopsoet waatlemoen. Die YouTube-gebruiker DaveHax wys in dié video ‘n baie eenvoudige manier om ‘n waatlemoen te sny.
Video: Maklikste manier om krytstrepe te verwyder
Meeste huise het al kleurkrytstrepe teen die muur gehad as die peuters en kleuters opgewonde raak oor hul eie kreatiwiteit. Hierdie video van die radiostasie 95.7 KJR in Seattle, Amerika, wys jou hoe om, met ‘n gewone item, die kleurkryt van die muur te verwyder. Laat weet ons gerus indien dit vir jou gewerk het!