Twee polisiebeamptes, verbonde aan die Nyanga-polisiestasie in die Wes-Kaap, is Maandag in hegtenis geneem in verband met ʼn huisroof verlede jaar.
Alles vir die sleutelwoord "Wes-Kaap"
Vier rowers vas ná skietery met polisie
Vier mans is in hegtenis geneem ná ʼn rooftog by ʼn onderneming in Klapmuts, noord van Stellenbosch in die Wes-Kaap, wat tot ʼn skietgeveg met die polisie gelei het.
Vrou val 50 m ná sweefskermsprong skeefloop
ʼn Vrou is Vrydag ernstig beseer toe ʼn sweefskermsprong by Brenton-on-Sea naby Knysna skeefgeloop het.
Atlantis: “Iets goeds kan hier gebore word”
Ek wil vir ander mense wys jou omstandighede bepaal nie jou identiteit nie. Jy kan meer wees – jy kan beter wees. Iets goed kan uit Atlantis gebore word.”
Sylvester weer aangekeer
Sylvester, die jong rondloperleeu wat Maandag vir die tweede keer uit die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes ontsnap het, is Donderdagmiddag ná vier dae op…
Pa wat glo babadogter doodslaan in hof
Die uitspraak in die hofsaak teen ʼn Wes-Kaapse pa wat daarvan beskuldig word dat hy sy drie maande oue babadogter doodgeslaan het, is Donderdag in die hooggeregshof uitgestel.
Soektog na Sylvester hervat
ʼn Helikopter gaan Donderdag weer ingespan word om te help soek na Sylvester, die rondloperleeu wat Maandag vir die tweede keer uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het.
Een van vyf opsies wag op Sylvester
SANParke het Woensdag bekend gemaak hulle oorweeg vyf opsies vir Sylvester, die jong rondloperleeu van die Karoo Nasionale Park wat Maandag vir die tweede keer uit die reservaat ontsnap het, sodra hy weer gevang word.
Daar is nog hoop vir Sylvester
Nuus dat die berugte rondloperleeu, Sylvester, moontlik van kant gemaak gaan word nadat hy weer uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het, het hewige reaksie op sosiale media ontlok.
Berugte rondloperleeu Sylvester ontsnap weer uit wildtuin
Die berugte rondloperleeu, Sylvester, wat verlede jaar uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het en ná 25 dae op vrye voet weer gevang is, het Maandag weer ontsnap.
74-jarige pak fietstoer van 4 300 km aan
Jakkie van der Colff, ʼn 74-jarige pensionaris van Pretoria, pak op 4 April ʼn fietstog van meer as 4 300 km oor die lengte en breedte van Suid-Afrika aan om bewusmaking te kweek vir GrysKrag, ʼn organisasie wat na die regte en behoeftes van seniors omsien.
Bibbernag vir Wes-Kaap voorspel
Inwoners van die Wes-Kaap kan maar hul komberse nader trek, aangesien die eerste sneeuval vir 2016 Saterdagnag plek-plek in die provinsie verwag word.
Wőstmann behou Two Oceans-titel
Suid-Afrika se bekende ultramarathon-atleet, Caroline Wőstmann, het Saterdag haar 2015-titel as die wenner van die Two Oceans Ultra Marathon behou toe sy weer eerste in ʼn tyd van 3:44:44 oor die wenstreep gehardloop het.
Polisie sak toe op Kaapstad ‘kuierstraat’
Die polisie in Kaapstad het Donderdagnag 184 boetes ter waarde van R97 500 aan mense in ʼn gewilde kuiergebied in die stad opgelê.
Interdik verkry om busdiens-betoging te stuit
Die Stad Kaapstad het ʼn hofinterdik bekom om betogers te verhoed om die MiCiTi-busdiens in Du Noon en die omgewing noord van Milnerton te ontwrig.
[Video] Skok-video oor padveiligheid uitgereik
ʼn Grafiese video oor padveiligheid wat deur die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke uitgereik is, het gemengde reaksie van kykers ontlok.
‘Rhodes-reeksverkragter’ soek nie borgtog
Die 35-jarige man wat beskuldig word van ʼn reeks verkragtings naby die Rhodes-gedenkteken aan die hang van Tafelberg in Kaapstad, het Vrydag in die Wynberg-landdroshof verskyn.
Man op plaas doodgesteek: ‘Hy was my ander helfte’
“Later die aand het hulle my gebel om te hoor of ek enige kontak met Kobus gehad het, want hulle bel hom maar hy antwoord nie.”
Polisieman vas vir korrupsie
ʼn 32-jarige polisiekonstabel van die Wes-Kaapse teenkorrupsie-eenheid is in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie.
Werkers sterf toe polisie hul vir rowers aansien
Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ʼn saak van moord nadat die polisie glo twee McDonalds-werknemers in Kuilsrivier in die Wes-Kaap doodgeskiet het toe hulle vir rowers aangesien is.