Die boodskapdiens het vroeër vanjaar gesê hy beplan om ʼn reeks nuwe funksies by WhatsApp te voeg wanneer sy gebruikerskerf een miljard verbysteek. Dié kerf is nou verbygesteek, en WhatsApp voeg nou daad by woord.
Alles vir die sleutelwoord "WhatsApp"
Sosiale media en kinders: die moets en moenies
Op watter ouderdom moet ek vir my ’n kind ’n selfoon of tablet koop? Moet my kind ’n profiel op sosiale media hê? Kyk hier vir nuttige wenke oor hoe om jou kind aan sosiale media bloot te stel en dit te bestuur.
WhatsApp: Kikker jou foto’s en video’s op
WhatsApp het talle nuwe funksies bekendgemaak om foto’s en video’s, wat jy met die gewilde boodskapdiens stuur, op te kikker en te verpersoonlik.
WhatsApp-gebruikers vies oor data-uitruiling
WhatsApp-gebruikers is warm onder die kraag nadat dié app vroeër vandeesmaand aangekondig het dat hy gebruikers se persoonlike inligting met sy moedermaatskappy, Facebook, gaan uitruil.
Nuwe veilige WhatsApp-boodskappe
WhatsApp-gebruikers het Dinsdag ʼn kennisgewing op dié boodskapdiens ontvang dat alle boodskappe en WhatsApp-oproepe nou beveilig word.
WhatsApp groet BlackBerry, Nokia
Die boodskapdiens WhatsApp het onlangs aangekondig dat hy nie meer enige ondersteuning gaan bied vir BlackBerry of Nokia-selfone nie.
Petisie om WhatsApp te red
ʼn Petisie is opgestel nadat die selfoonreuse Vodacom en MTN die Suid-Afrikaanse regering versoek het om gratis bel- en boodskapverskaffers soos WhatsApp en Skype te “reguleer”.
Regter verbied WhatsApp in Brasilië
Ongeveer 100 miljoen Brasiliane het Donderdag gesukkel om te kommunikeer nadat ʼn regter beslis het dat die gewilde boodskapdiens WhatsApp vir 48 uur lank verbied moet word.
[Foto’s] WhatsApp-groep help boere om groep boewe aan te keer
Etlike boere in die Schweizer-Reneke-gebied in Noordwes het Woensdag saamgestaan en die lewe vir ses verdagtes bitter moeilik gemaak en dit alles te danke aan ʼn WhatsApp-groep wat ʼn 20-jarige boer twee jaar gelede begin het.
Kinderporno: Man kry boete
Die man wat geskeide vrouens se jong dogters op sosiale media geteiken het ten einde naakfoto’s van hulle te kry, is Maandag ʼn boete opgelê in die Rustenburg-landdroshof.
Kinderporno: Man gevonnis
Die vonnisoplegging van ʼn man wat geskeide vrouens se jong dogters op sosiale media geteiken het ten einde naakfoto’s van hulle te kry, sal na verwagting Maandag in die Rustenburg-streekhof begin.
Man in hof oor kaalfoto’s van meisies
‘n Man wat geskeide vrouens se jong dogters op sosiale media geteiken het ten einde naakfoto’s van hulle te kry, het Maandag weer in die Rustenburg-landdroshof in Noordwes verskyn.
Ontvoerders eis losprys van R30 000 op WhatsApp
Die polisie is steeds op soek na ʼn 21-jarige vrou van Johannesburg nadat sy glo Vrydag ontvoer is.
Facebook koop WhatsApp vir $16 miljard
Facebook het die boodskapdiens WhatsApp vir $16 miljard (R177 miljard) gekoop.
“Sekspes”-onnie pleit skuldig; naam bekend gemaak
ʼn Onderwyser van ʼn hoërskool in Hyde Park, Johannesburg, wat geskors is nadat hy kaalfoto’s van homself aan ʼn 16-jarige leerling gestuur het, het in die hof skuldig gepleit en is ʼn boete en opgeskorte vonnis opgelê.
“Sekspes”-onnie kry borg
ʼn Onderwyser van Hyde Park-hoërskool in Johannesburg wat geskors is nadat hy glo kaal foto’s van homself aan ʼn 16-jarige leerling gestuur het, het Woensdag vlugtig in die Alexandra-landdroshof verskyn.
Huishulp plaas foto’s van haarself met gesteelde goed
ʼn Huishulp wat glo haar werkgewers besteel het, het foto’s van haarself geneem en op die selfoonkletsprogram WhatsApp geplaas, min wetend dat haar werkgewer dit kon sien.