Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor “GTS” se ryk geskiedenis met die bekendstelling van die nuwe Porsche 911 GTS-reeks. Hulle spandeer ook kwaliteittyd met Toyota se GR Yaris-buksie en gaan ry met die Mitsubishi Eclipse Cross.
Alles vir die sleutelwoord "Wiele2Wiele"
Wiele2Wiele ry met Macan en X3
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die splinternuwe Porsche Macan en met die BMW X3.
Wiele2Wiele ry met nuwe Alfa Romeo’s
Wiele2Wiele gaan ry met Alfa Romeo se opgeknapte Giulia en Stelvio. Hulle raak ook opgewonde oor Audi se vyfsilinder RS Q3, gesels veldren-aksie, turbo-enjins en ook oor al die jongste motorfietsnuus.
Wiele2Wiele ry met die Fiat 500
Hierdie week in Wiele2Wiele gesels die span oor die nuwe Toyota Gazooo Racing Hilux-bakkie vir die 2022 Dakar-ren. Hulle gaan ry met ‘n klein maar stylvolle tweesilinder-karretjie, die Fiat 500, en ervaar ook een van die kompakte sportnutsleiers, die Kia Sonet.
Wiele2Wiele ry met die Ranger Stormtrak
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die langverwagte Toyota Land Cruiser 300 en verken die Oos-Kaap met Ford se nuwe Ranger Stormtrak.
Wiele2Wiele liries oor BMW se M3 Competition
Hierdie week raak die Wiele2Wiele-span liries oor BMW se M3 Competition-sedan en hulle gaan ry in stilte met Volkswagen se elektriese e-Golf. Daar is ook ‘n nuwe kompakte sportnuts om van te kies – Renault se Kiger.
Wiele2Wiele ry met Hyundai se nuwe Palisade
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Toyota se GR Yaris. Hulle ry ook met Hyundai se nuwe prestigesportnutsmodel – die Palisade.
Wiele2Wiele deel ‘n Porsche 911 ‘Paint your Passion’-droomstorie
Hierdie week deel Wiele2Wiele ‘n Porsche 911 ‘Paint your Passion’-droomstorie en gaan ry ook met Volkswagen se nuwe Tiguan en Hyundai se Santa Fe.
Wiele2Wiele ry met die Defender 110 D300 X
Die span van Wiele2Wiele gaan ry hierdie week met Land Rover se Defender 110 D300 X – die 3.0 L V6 turbodiesel-model. Hulle gesels ook oor ‘n pragtige nuwe buksie, die Fiat 500, en hou jou op hoogte van die jongste motorfietsnuus.
Wiele2Wiele ry met VW se nuwe GTI
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met drie uiteenlopende motors – die Honda FIT, Volvo se XC40 T4 en Volkswagen se langverwagte Golf 8 GTI.
Wiele2Wiele ry met Audi se R8 Spyder V10
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Audi se R8 Spyder V10 en gaan op ‘n avontuur saam met Avontuur Afrika.
Wiele2Wiele ry met Audi se vinnigste Q nog
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Audi se vinnigste Q nog – die RS Q8. Hulle gaan rits ook rond met die Mazda CX-30 en gesels oor die nuwe VW Golf 8 GTi. Daar is ook brandstofbesparingswenke en 2Wiele-nuus.
Wiele2Wiele ry met Audi se Q2-sportnuts
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Audi se klein Q2-sportnuts en Citroen se C3.
Wiele2Wiele ry met die Porsche 718 Spyder, Hyundai se nuwe Kona
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor die Porsche 718 Spyder en Hyundai se nuwe Kona.
Wiele2Wiele gesels oor Ford se Mustang Mach 1
Hierdie week vertel Wiele2Wiele jou van Ford se Mustang Mach 1. Hulle gaan ry ook met die Ford Ranger XL wat nou opgedollie is en vertel jou van Kia se nuwe Pegas-sedan.
Wiele2Wiele ry met blitsige Audi en Mitsubishi se Xpander
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Audi se 331kW RS5 Sportback en met Mitsubishi se mooi veeldoelige voertuig, die Xpander. Daar word ook raad gegee oor wat jy moet doen as booswigte spykers in die pad gooi.
Wiele2Wiele gesels oor die vol-elektriese Porsche Taycan
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Porsche se vol-elektriese Taycan.
Wiele2Wiele gesels oor Audi se RS6 Avant
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor ‘n vinnige stasiewa, Audi se RS6 Avant. Hulle gaan ry ook met Audi se S5 Sportback en vat die langpad met VW se T6.1 Kombi.
Wiele2Wiele gesels oor Nissan se Magnite
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor die nuwe Nissan Magnite, ‘n B-segment-sportnuts. Hulle gee ook raad oor wat om te doen as jou motor se vensters opwasem en gesels oor BMW se nuwe 1250-motorfietsreeks.
Wiele2Wiele gesels oor Audi se SQ8
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Audi se SQ8 met Audi se kragtigste dieselenjin nog en vertel jou hoe die Audi Q2 verander is. Hulle gaan ry ook met Kia se Picanto X-Line.