Wilhelm “Dozi” Treurnicht van Robertson wat daarvan beskuldig is dat hy ʼn plaaswerker se seun in 2008 aangerand het, is Donderdag vrygespreek, het Eyewitness News op Twitter bevestig.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Wilhelm Treurnicht"
Flippie Engelbrecht-saak: Hof moet besluit oor aanranding
Die Worcester-landdroshof sal na verwagting Donderdag besluit of Wilhelm “Dozi” Treurnicht, wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn plaaswerker se seun aangerand het, vrygespreek moet word, het The Star berig.
Flippie Engelbrecht kry glo aanval voor hofsaak
Flippie Engelbrecht (19) het glo ʼn epileptiese toeval gehad ure voordat die man, wat daarvan verdink word dat hy hom aangerand het, op ʼn nuwe aanklag van aanranding in die Ashton-landdroshof sou verskyn, het The Star Donderdag berig.
Video: Flippie Engelbrecht-sage verdiep
Wilhelm Treurnicht, ‘n plaasbestuurder van Ashton, het Maandag weer in die Worcester-streekshof verskyn in verband met aanklagte van aanranding op Flippie Engelbrecht in Januarie 2008.
Flippie uit ouers se sorg verwyder
Flippie Engelbrecht (19), wat glo epilepsie ontwikkel het en blind geword het na hy aangerand is, is die naweek uit die sorg van sy ouers verwyder oor beweerde voorvalle van kindersmishandeling.
Video: Flippie Engelbrecht-aanrandingsaak: Humeure loop hoog buite hof
Nóg aanklagte kan moontlik gebring word teen Wilhelm Treurnicht, ‘n beskuldigde in die saak van aanranding van Flippie Engelbrecht.
Polisie weerhou nog naam van boer wat selfmoord pleeg
Die polisie van die Wes-Kaap weier nog om die naam van ʼn boer bekend te maak wat Dinsdagoggend selfmoord op sy plaas naby Ashton gepleeg het.
Boer wat glo tiener op plaas aanrand pleeg selfmoord
Johnny Burger, ʼn boer van Rietvallei buite Robertson, wat daarvan beskuldig is dat hy ʼn werknemer, Flippie Engelbrecht (19) só aangerand het dat hy blind en met epilepsie gelaat is, het glo Dinsdagoggend selfmoord gepleeg.
Video: Boer moet hof toe na hy glo werker aanval
ʼn Boer van die Wes-Kaap wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn werknemer, Flippie Engelbrecht (19) só aangerand het dat hy blind en met epilepsie gelaat is, sal binnekort in die Ashton-streekshof verskyn, het The Star Maandag berig.