Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) sal ondersoek instel nadat ʼn studenteleier, en die voormalige VSR-president van die universiteit, Shaeera Kalla, verskeie kere geskiet is.
Alles vir die sleutelwoord "Wits"
Brand by Wits-biblioteek, boeke beskadig
ʼn Deel van die biblioteek by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) is aan die brand gesteek, het die instansie Donderdag gesê.
Habib uit Wits-studentevergadering gejaag
Adam Habib, die visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het gesê hy is teleurgesteld nadat hy Woensdag uit ʼn vredesverdragvergadering by ʼn kerk in Braamfontein, Johannesburg, gejaag is.
#FeesMustFall-leier hoor oor borgtog
Mcebo Dlamini, leier van die #FeesMustFall-betogings en voormalige studenteleier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het Woensdagoggend in die Johannesburgse landdroshof verskyn waar uitspraak oor sy borgtogaansoek gelewer is.
Regering betaal #FeesMustFall-leier se studies
Mcebo Dlamini, leier van die #FeesMustFall-betogings en voormalige studenteleier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het Dinsdag weer in die Johannesburgse landdroshof verskyn.
#FeesMustFall-leier ‘sal aanhou baklei’
Mcebo Dlamini, leier van die #FeesMustFall-betogings en voormalige leier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se studenteraad, het Dinsdag gesê hy sal aanhou baklei vir gratis onderrig.
#FeesMustFall-leier doen aansoek om borgtog
Mcebo Dlamini, leier van die #FeesMustFall-betogings en voormalige leier van die studenteraad van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het Maandag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.
#FeesMustFall-leier in hegtenis geneem
Mcebo Dlamini, voormalige president van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se studenteraad, is vroeg Sondagoggend in hegtenis geneem.
[Foto’s] Nege vas toe Wits-geweld oorspoel
Nege verdagtes is in hegtenis geneem nadat geweld by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) Vrydagaand na die strate van Braamfontein oorgespoel het.
Nog petrolbomme op Wits-kampus gevind
Drie tuisgemaakte petrolbomme is Woensdagoggend op die kampus van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) gevind.
Geweld vlam weer op by Wits
Betogende studente aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag weer met polisiebeamptes gebots.
[Foto’s] Wits-betogers saai chaos in Jhb-strate
Die gewelddadige betogings by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Maandag oorgespoel na die strate van Braamfontein waar betogers onder meer ʼn bus aan die brand gesteek het.
‘Oorlog’ woed voort by Wits
Betogende studente het Maandagoggend weer chaos op die Braamfontein-kampus van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) veroorsaak ten spyte van ʼn swaar polisieteenwoordigheid en die implementering van streng veiligheidsmaatreëls deur die bestuur.
Streng maatreëls ingestel vir heropening van Wits-kampus
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het aangekondig dat akademiese bedrywighede Maandag by die universiteit hervat sal word, hoewel streng maatreëls noodgedwonge ingestel is om te verhoed dat lesings weer ontwrig word.
Bemiddelingsproses met Wits-studente misluk; vergadering uitgestel
“Een van die nuutste eise deur die betogende studente is dat Wits en alle ander universiteite sluit totdat die regering instem tot gratis onderrig.”
Studentebetogings bring geskiedkundige oomblik by Wits
Die reuse omvang van die krisis wat die #FeesMustFall-betogings meegebring het, is Donderdag bevestig toe die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) ʼn Algemene Vergadering saamgeroep het – iets wat nog net tien keer in die instansie se 120 jaar bestaan gebeur het.
#FeesMustFall: Vereniging bekommerd oor moontlike tekort aan dokters
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) het Woensdag sy kommer uitgespreek oor die effek wat die #FeesMustFall-betogings op finalejaar mediese studente by gesondheidsfakulteite regoor die land het.
Nuuskommentaar: Al weer die rassekaart – wit student moet sterf
ʼn Wit student moet eers sterf voor Wits se “arrogante” rektor sal luister, lui ʼn klankgreep wat op sosiale media versprei word. So iets kan in die huidige gelaaide atmosfeer so maklik ontplof.
Wits-lesings wéér opgeskort
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag weereens akademiese bedrywighede by die universiteit opgeskort, dieselfde dag wat lesings by die instansie sou hervat.
Studenteleiers weier om te vergader, sê Wits-visekanselier
Adam Habib, visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Dinsdag gesê studenteleiers het sy versoek om te vergader, van die hand gewys.