Sy meen as daar een ding is wat ouers nou met hulle grondslagfasekind moet doen, is dit om hulle toe te laat om te speel. “Daar is geen klasgroep van hierdie ouderdom wat weer die geleentheid gaan kry om soveel speeltyd te hê nie en dit is gewoonlik die eerste ding waaroor hulle kla as hulle in die ‘groot’ skool is.”
Alles vir die sleutelwoord "Wolkskool"
Wolkskool op die radio: A tot Z van robotika en kodering
Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die Skoleondersteuningsentrum (SOS), gesels in die jongste Wolkskool-podsending oor robotika.
Wolkskool op radio: Skryf as vaardigheid
Jana Terblanche, die hoof van GeRAT, die Afrikaans-vakvereniging van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), sê enige skrywer se vaardighede kan ontwikkel word, maar die beste skrywers is die wat jou laat dink én sien én hoor én voel.
Wolkskool op radio: Wat leer wiskunde my eintlik?
Johan Koekemoer, hoof van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW), verduidelik hoekom kreatiwiteit en die sagte vaardighede wat wiskunde jou leer so belangrik is.
Wolkskool op radio: Leierskapontwikkeling in die laerskool
Louis Dekker, hoof van Laerskool Wierdapark, sê hy glo ʼn leerderraad op laerskoolvlak is belangrik omdat dit kinders leer om sekere lewensvaardighede aan te pak.
Wolkskool op radio: Is selfgerigte leer moontlik in die grondslagfase?
Alhoewel die skole nou op 1 Junie sal open, gaan jonger leerders waarskynlik nog ʼn rukkie lank tuis onderrig moet word. De Beer gee ʼn paar wenke wat kan help om ʼn leeromgewing in die huis vir kinders te skep en hoe ouers hul kinders met hul leerwerk kan help.
Wolkskool bemagtig leerders én onderwysers
Meer as 112 000 leerders maak tans daagliks gebruik van dié aanlyn leerplatform.
Wolkskool op radio: Die waarde van rekeningkunde
Fraser Parker, van die Wolkskool se afdeling vir handelsvakke, het verduidelik waar leerders vir die eerste keer eintlik met rekeningkunde begin werk. Hy verduidelik ook waar die vak se kennis prakties toegepas kan word en waarom hy leerders sal aanmoedig om die vak te neem.
Die abnormale nuwe normaal vir ons kinders
Dit is dus so belangrik dat ons hierdie abnormale nuwe normaal gebruik om kernvaardighede by ons kinders te ontwikkel. Mariesa Candiotes van die Wolkskool verduidelik watter sleutelvaardighede kan in hierdie tyd by kinders ontwikkel word.
Wolkskool op radio: Help jou kind se spraakvaardighede ontwikkel
Jana Terblanche, die hoof van GeRAT, die Afrikaans-vakvereniging van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), gee ʼn hele paar praktiese en maklike wenke aan ouers om jonger en ouer kinders se spraakvaardighede in die inperkingstyd te ontwikkel.
Wolkskool op radio: Hoe dink wiskundiges?
Dit is goed om wiskunde te kan doen, maar dit is eintlik veel beter om wiskundig te kan dink. Johan Koekemoer van die VAW verduidelik hoe jy jou kind kan help om meer soos ʼn ware wiskundige te begin dink.
Wolkskool op radio: Leierskap is vir almal
Hugo Vermeulen, die hoof van opleiding by die SOS, sê daar is beslis leierseienskappe in elke kind en dit moet net ontwikkel word.
Wolkskool op radio: Kleuterskoolonderwys, wat sê die reg?
Marnelda de Beer, hoof van die Afrikaanse Grondslagfasevereniging (AGV) van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), verduidelik ook hoe jy jonger kinders (jonger as gr. R) besig kan hou tydens die inperkingstyd, en vra dat dié kinders spesifiek eerder fisieke aktiwiteite doen as om ʼn werksboekie by ʼn tafel te sit en voltooi.
Wolkskool op radio: Hulpbronne vir Afrikaans as vak
Jana Terblanche is hoof van GeRAT, die Afrikaansvakvereniging van die SOS, en sy gaan vanmiddag kinders, ouers en onderwysers op die belangrikheid en beskikbaarheid van Afrikaanse hulpbronne wys. Om dit maklik te maak en in 15 minute oor te dra, gebruik sy die akroniem BRON om hierdie konsep te verduidelik.
Wolkskool op die radio: Hoekom wetenskap?
Watter vakke sluit wetenskap in en wat maak dit spesifiek besonders? Volgens Celeste Labuschagne, ʼn Wolkskool-dosent, is natuurwetenskappe, lewens- en fisiese wetenskappe die een vak wat jou kinders besonder nader aan die skepping bring – van ʼn mikroskopiese vlak tot by die hemelruim.
Wolkskool op die radio: Waar kom wiskunde vandaan?
Johan Koekemoer, hoof van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers, bespreek die debat tussen Sokrates en Plato rondom die vraag: Word wiskunde geskep of ontdek.
R2 miljoen hupstoot vir hongersnood
Hierdie skenking sal gebruik word om 2 000 kospakkies oor die volgende paar dae aan behoeftiges te voorsien. Elke kospakkie kan ’n gesin van vier vir ’n maand voed.
Solidariteit se noodfonds kry meer as R5 miljoen
Honderde gesinne is reeds met dié geld gehelp.
Wolkskool wil matrieks se sukses help verseker
Danksy die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Wolkskool kon duisende Afrikaanse matrieks vanoggend afskop met regstreekse uitsendings van klasse.