“Ek is so gewoond aan rolprent- en televisiewerk; so die feit dat daar nie ʼn kamera hier betrokke is nie en dat ʼn mens so ʼn bietjie komedie doen is net fantasties.”
Alles vir die sleutelwoord "Woordfees"
Skrywer en regisseur Christo Davids vertel oor ‘Harry en Jackie’
“En dit het my laat wonder, wat sou gebeur as een van ons sou wegval? Wat sou daarna gebeur?”
Sepie-aktrise eersdaags op US Woordfees-planke te sien
“Die stuk gaan haar in ʼn ander lig stel en gehore gaan ʼn kant van haar sien wat hulle nog nooit vantevore gesien het nie.”
Ysters in siel maak goeie opposisieleiers
Ysters in die siel en die bereidheid om teleurstelling te hanteer ter wille van beginsels is die kern van goeie opposisieleiers, het die leidende historikus prof. Hermann Giliomee Woensdag by die Universiteit Stellenbosch se Woordfees in Stellenbosch gesê.
Hoop vir SA wittes
Daar is hoop dat die lewering van munisipale dienste aan spesifiek wit Suid-Afrikaners op die platteland kan verbeter namate meer van hulle uit klein dorpies na groter streekdorpe trek, het Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit-beweging, vanoggend in Stellenbosch gesê.
Was ons byna die slagoffers van ‘n staatsgreep?
Vertellings en spekulasie is besig om in ingeligte en gerespekteerde kringe toe te neem dat oudpres. Jacob Zuma en sy trawante ‘n staatsgreep oorweeg het toe dit blyk die gety draai teen hul kandidaat, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, in die pas afgelope ANC-leierstryd.
Invloedryke struggle-stem teen onteiening sonder vergoeding
Die stryd teen onteiening van grond sonder vergoeding het vanoggend ʼn enorme hupstoot gekry toe ‘n vooraanstaande menseregte-advokaat hom teen ʼn wysiging van die Grondwet uitgespreek het.
ANC kan opposisie se beleid kaap voor 2019
Die opposisie gaan moet wakker slaap, want die ANC is besig om sowel die DA as die EFF se beleid te kaap in die aanloop tot die 2019-verkiesing.
Jacques Pauw se vermaning oor Ramaphosa
Die skrywer Jacques Pauw, wie se boek The President’s Keepers so ʼn groot rol gespeel het om die weg voor te berei vir die val van oudpres. Jacob Zuma, het hierdie naweek Suid-Afrikaners vermaan om ewe waaksaam te wees teen vergrype deur sy opvolger, pres. Cyril Ramaphosa.
Video: Woordfees en ‘Suidooster’ wil ook water spaar
Die US Woordfees en die bekende sepie Suidooster moedig mense in die Wes-Kaap aan om water te bespaar, om die druk van Dag Zero te verminder.
Laat daar boeke wees …
Ter wille van al hierdie wonderlike herinneringe, maar ook nog nuwes wat gemaak moet word, sê ek dan maar: “Laat daar tog eendag nog boeke wees!”
Oop gesprek of alleenspraak?
Vrydag s’n was g’n oop gesprek nie. Dit was ʼn alleenspraak. Woorde in die wind en praatjies vir die vaak. En daar kan met groot stelligheid gesê word dat Trump nie die “magtige dreuning” van verset op Stellenbosch gehoor het nie. Want Suid-Afrika is skaars ʼn “bliep” op Amerika se radarskerm.
Jeug sê oor Afrikaans, inheemse tale by jeuggesprek
Studente van die Universiteit Stellenbosch, omliggende universiteite en leerders uit Worcester het Maandag tydens die Afrikaanse Taalraad se Jeuggesprek by die US Woordfees stem dik gemaak rakende die taaldebat in Suid-Afrika.
Fiela se kind gevind
“Ná al die jare sien ek vreeslik uit om weer die karakter van Fiela te speel en kan nie wag om weer op die verhoog te kom met hierdie lekker rol nie,” vertel Shaleen Surtie-Richards.
Word wys by Woordfees
Die US Woordfees is weer hier met ʼn program vol boeke, woorde, toneel, kuns, musiek, kaberet, komedie en wat nog!
Groot belangstelling in US Woordfees-bundel
Byna twee keer soveel inskrywings is ontvang vir die US Woordfees se kortverhaalkompetisie vir 2017 as vir die bundel se eerste uitgawe in 2016.
Woordfees kry nuwe boekeprogramkoördineer
Die Woordfees wat jaarliks in Stellenbosch aangebied word, het Dinsdag sy nuwe boekeprogramkoördineerder aangekondig.
US Woordfees groei met rekordverkope
Die US Woordfees het vandeesweek in ʼn verklaring bekendgemaak dat kaartjieverkope vir vanjaar se fees met byna 30% gestyg het teenoor verkope in 2015.
Dowe vrou deel Woordfees-ervaring
Stephanie Lotz, die dowe ondervoorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee, sê haar onlangse bywoning van die US Woordfees het haar honger gelaat vir meer en die behoefte van die dowe en doofblinde-gemeenskappe om inklusief te wees weer na vore gebring.
Regstappe kom ná ‘verkragting’-bewerings by US-betoging
AfriForum Jeug sal moontlik ʼn saak van laster teen lede van Open Stellenbosch aanhangig maak nadat lede van dié organisasie beweer het dat verteenwoordigers van AfriForum Jeug hulle met verkragting gedreig het.