Suid-Afrika se departement van omgewingsake het bewerings deur die National Union of Metal Workers of South Africa (Numsa) ontken dat Suid-Afrikaanse brandbestryders “genadeloos uitgebuit is” in Kanada.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Working on Fire/Kanada"
SA brandbestryders op pad terug van Kanada
“Ons doen ʼn beroep op die nasie om nie die brandbestryders te veroordeel nie. Om hulle te veroordeel omdat hulle ons teleurgestel het, kan hulle net demoraliseer ten spyte van hul uitstekende bewese rekord.”
Molewa stuur bemiddelaar na Kanada vir SA-brandbestryders
Die minister van omgewingsake het ʼn bemiddelaar van Working on Fire na Kanada gestuur om die dispuut op te los tussen die maatskappy se bestuur en 301 Suid-Afrikaanse brandbestryders wat ontplooi is vir hulp met veldbrande in Alberta.
Working on Fire vra verskoning; presidensie gryp in
Die organisasie Working on Fire het gesê hy is teleurgesteld dat ʼn loongeskil met Suid-Afrikaanse brandbestryders nie intern opgelos kon word voor dit ʼn “internasionale voorval” geword het nie.
SA brandbestryders staak glo in Kanada
Die organisasie Working on Fire (WOF) het Donderdag mediaberigte ontken dat die 301 brandbestryders en bestuurslede, wat na Kanada gestuur is om te help met die verwoestende brande in dié land, nie die betaling en daaglikse toelae ontvang soos met hulle ooreengekom is nie.
Honderde SA’ners gaan help met Kanada-brande
ʼn Groep Suid-Afrikaners vertrek eersdaags na Kanada om te gaan help met die verwoestende brande in dié land.