Afrika hét dus ʼn roemryke verlede – die soort feite wat saam met die geskiedenis van byvoorbeeld die struggle en die Anglo-Boereoorlog in vandag se geskiedenisboeke hoort om aan alle leerlinge ʼn meer volledige agtergrond van hul vasteland te bied, skryf Org Potgieter.
Alles vir die sleutelwoord "Zimbabwe"
Die rooi ligte begin flikker vir die ekonomie
Met reg kan gevra word: Hoe maklik of moeilik sal dit vir die staat wees om direkte beheer van die SARB te neem en watter skade kan hulle aanrig?
Is rampokkerstaat ons voorland?
Zuma se metode is dié van ’n sluipende staatsgreep. Die Zuptafisering van die land tot ’n rampokkerstaat wat deur die ANC en die families Zuma en Gupta regeer word, is ’n proses wat stil-stil by die agterdeur ingesmokkel word. Die uitwerking gaan egter dieselfde wees as in Turkye en Venezuela: politieke, maatskaplike en ekonomiese rampspoed.
Vermiste SA jagter: Nóg persoonlike items gevind
Nóg persoonlike items van die vermiste beroepsjagter Scott van Zyl is Sondag gevind. Intussen begin DNS-toetse Dinsdag.
Soektog na SA-jagter afgelas
Die soektog na Scott van Zyl (44), die professionele jagter van Limpopo wat op Vrydag 7 April in Zimbabwe verdwyn het, is afgelas.
Robert Mugabe: Zimbabwe se lewenslange president
Wanneer Mugabe se lewenslange presidentskap gaan eindig, kan niemand natuurlik voorspel nie. Wat wel seker is, is dat Zimbabwe nooit weer sal terugkeer na die glorieryke dae wat hom een van die sterkste ekonomieë in Afrika gemaak het nie.
Byna $700 000 vir tabakboere in Zim
British American Tobacco (BAT) gaan byna $700 000 (Amerikaanse dollar), ongeveer R9 miljoen, belê om jong tabakboere op te lei en oeste in Zimbabwe te vergroot.
Chinese draak slaan sy tande al dieper in
Twee eeue gelede het Napoleon gesê: “China is ʼn slapende reus; laat haar slaap, want as sy wakker word, gaan sy die wêreld roer.” China is nou reeds geruime tyd wakker en kennelik besig om die wêreld te roer, ook in Suid-Afrika.
MDC-T waarsku oor Zim humanitêre krisis in 2017
Die opposisieparty in Zimbabwe, Movement for Democratic Change (MDC-T) onder leiding van die voormalige eerste minister Morgan Tsvangirai, het Sondag gewaarsku oor ʼn humanitêre krisis in Zimbabwe en gesê ʼn ekonomiese ommekeer in die land is hoogs onwaarskynlik gegewe die makro-ekonomiese onstabiliteit.
‘Demokrasie staan tussen ons en ANC-diktatuur’
Dis duidelik dat as Zuma en die ANC hul sin kry, Suid-Afrika ’n tipiese illiberale demokrasie sal word.
Afrika-politiek: tekens van hoop, of net weer dieselfde?
Om in Afrika optimisties te wees, is moeilik, want dit lyk asof Afrika-pessimisme gelyk is aan realisme, skryf Sebastiaan Biehl.
Mugabe staan weer vir president
“Die president moet aan die stuur bly tot hy doodgaan.”
Zimbabwe se Mugabe sê hy wil aftree
Vir die eerste keer het Robert Mugabe (91), president van Zimbabwe, gesê hy wil aftree.
Video: Krokodil val paartjie in hotel-swembad aan
Kringtelevisiebeeldmateriaal, wat onlangs deur die hotel beskikbaar gestel is, wys hoe dié krokodil die swembad bekruip voor hy aanval.
Anargisme – sê nee
Hou op om te retireer. Die meerderheid sê nee. Die meerderheid dosente sê nee, die meerderheid studente, ouers en Suid-Afrikaners sê “Nee!”.
[Video] Mark die Renoster uit penarie gered
Veeartse in Zimbabwe het ʼn witrenoster, wat as Mark bekend staan, by Chivero-ontspanningspark uit ʼn penarie gered toe ʼn motorband om sy bek vasgesit het.
Zimbabwe: Huurgeld kan nie grondvergoedingsfonds befonds nie
Die bankrot Zimbabwiese regering is onder toenemende druk om onteiende wit kommersiële boere te vergoed.
Goeie nuus: Behoeftiges ontvang oudio-Bybels
Die eerste Afrikaanse Bybel is 83 jaar gelede op 27 Augustus uitgegee en GROOTfm 90.5 en Kerksondermure-gemeente van Pretoria het Vrydag die verjaardag van dié Bybel gevier deur 185 oudio-Bybels in die stad uit te deel.
‘Profeet’ in hof oor verkragting
Walter Magaya, stigter en leier van die Prophetic Healing and Deliverance (PHD)-bediening in Zimbabwe, het Saterdag in die hof verskyn op aanklag van verkragting.
Nuwe politieke party in Zimbabwe
ʼn Nuwe opposisieparty onder leiding van ʼn onbekende landbou-ekonoom, is Vrydag in Harare bekend gestel met versoeke om die politieke kultuur te verander om die lyding van Zimbabwiërs te verlig.