“Ek het nie geweet die leeu was bekend onder toeriste nie en ook nie dat dit ʼn halsband gedra het as deel van ʼn navorsingprojek nie. Die leeu is in die nag geskiet. Ek en my kliënt was al twee verpletter toe ons die volgende dag sien die leeu het ʼn halsband aan.”
Alles vir die sleutelwoord "Zimbabwe"
Amerikaanse jagter verdedig jag op Cecil, die leeu
Die Amerikaanse tandarts wat glo Cecil, Zimbabwe se bekende leeu, geskiet het, loop erg deur op sosiale media.
Oom Herrie se kerrie: Van triljoenêr tot brandarm in een dag
Wat is die vinnigste manier vir ’n multi-triljoenêr om oornag brand-, brandarm te word? Nee, dis nie om die kroos vir ’n eendag-kriekettoets saam te neem en nie mooi beheer vir die aankoop van verversings oor die beursie te hou nie, maar ja, dit kan iemand in een dag liederlik terugsit.
Zimbabwe doen weg met Zim-dollar
Van Maandag kan Zimbabwiërs hul waardelose Zim-dollars vir Amerikaanse dollar omruil, aangesien Zimbabwe glo nou heeltemal met sy eie geldeenheid wil wegdoen.
Zimbabwiërs kan nou baie Zimdollar vir min dollar ruil
Van Maandag kan Zimbabwiërs hul waardelose Zimdollar vir Amerikaanse dollar omruil.
Niemand sal sterf van honger nie, sê Mugabe
Pres. Robert Mugabe het glo Zimbabwiërs in droogtegeteisterde dele gerusgestel dat hulle nie van die honger sal sterf nie, en gesê dat hulpverleningspanne kos aan hulle sal voorsien.
Honderde onwettige Zimbabwiërs gedeporteer
Honderde Zimbabwiërs het die afgelope twee weke uit SA gevlug uit vrees vir xenofobiese geweld, maar meer as 400 Zimbabwiërs wat onwettig in die land gewoon het, is ook gedeporteer.
Leeu verskeur Zim-boerseun
ʼn 14-jarige seun, wat na die gesin se gewasse omgesien het, is dood nadat ʼn leeu hom in die noord-ooste van Zimbabwe aangeval en verskeur het.
Xeno-aanvalle: Talle Zimbabwiërs erg getraumatiseerd
Talle Zimbabwiërs wat na hul tuisland gerepatrieer is, is erg getraumatiseerd en moet spesiale berading ontvang.
Mugabe ‘gewalg’ oor xenofobiese aanvalle in SA
Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe, ook die voorsitter van die Afrika-Unie, het Saterdag die xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika teen Afrika-immigrante skerp veroordeel.
Beitbrug maak reg vir terugkerende Zimbabwiërs
Die Beitbrug-grenspos maak gereed om die eerste groep van meer as 1 500 Zimbabwiërs wat wil terugkeer na hul tuisland te ontvang weens die vlaag xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika.
Olifant vertrap Zim-jagter
Ian Gibson, ʼn professionele jagter van Zimbabwe, is in die noorde van dié land dood toe ʼn olifantbul hom vertrap het, het sy maatskappy Donderdag gesê.
Man in hof ná natuurbewaarder se bylmoord
ʼn 35-jarige man het Dinsdag in die Hwange-landdroshof in Zimbabwe verskyn in verband met die moord op Gregory Gibbard, ‘n Australiese natuurbewaarder.
Mynwerker glo met diamante betrap
ʼn Werknemer by een van Zimbabwe se grootste mynmaatskappye het glo probeer om diamante in ʼn balpuntpen uit die aanleg te smokkel, het die Manica Post Vrydag berig.
160 rondloperhonde doodgeskiet
Altesaam 160 rondloperhonde is in Bulawayo doodgeskiet in ʼn poging om die verspreiding van hondsdolheid te voorkom.
Dodetal styg ná oproer by Zim-tronk
Die dodetal na ʼn oproer by ʼn maksimum-sekuriteitgevangenis in Zimbabwe het intussen tot drie gestyg, het die Zimbabwe-uitsaaikorporasie Saterdag gesê.
Toeriste sien hoe krokodille mens vreet
ʼn Groep toeriste by die Zambezirivier het groot geskrik toe hulle gesien het hoe krokodille ʼn mens vreet.
Een dood tydens oproer by Zimbabwe-tronk
Minstens een gevangene is dood en 23 beseer tydens ʼn drie uur lange oproer by ʼn maksimum-sekuriteitgevangenis in Harare, Zimbabwe.
Kind sterf toe tiener haar doodry
ʼn Sesjarige dogtertjie is dood toe ʼn 13-jarige, wat met haar pa se motor gery het, haar getref het.
Driejarige deur krokodil in Zimbabwe gegryp
ʼn Driejarige meisie van Zimbabwe is die derde persoon in haar familie om deur ʼn krokodil doodgemaak te word, het die Southern Eye Donderdag berig.