Die party het ʼn geheuestafie met belangrike inligting oor die drie WhatsApp-groepe reeds aan die polisie se eenheid wat die ondersoeke hanteer, oorhandig.
Alles vir die sleutelwoord "Zuma-onluste"
Phoenix-moorde: 22 reeds vas
Minstens 36 mense is tot dusver dood in die onlangse geweld in die Phoenix-gebied in KwaZulu-Natal. Van dié oorledenes is sommige doodgeskiet of verbrand en een is selfs deur ʼn voertuig omgery.
Onluste: Trane loop oor kosbare kleinode
Mandy Wilson het ʼn nagmerrie in ʼn storie van hoop omskep toe sy gesinne gehelp het om kosbare kleinode in Durban op te spoor.
Brawe apteker skep hoop in KZN
Tydens die onlangse onluste in KwaZulu-Natal het Pauline Randles voorraad uit haar eie apteek gesmokkel en pasiënte in haar sitkamer gehelp.
Oproer: Ramptoestand vir KZN goeie nuus vir herstelproses
Die ekonoom Roelof Botha sê die ramptoestand gaan nie net die herstelproses in die provinsie help versnel nie, maar kan weens toepaslike wetgewing ook as voorkomingsmaatreël dien vir diegene wat verdere onrus beoog.
Mercedes-plunderaar agter tralies
In die video kan ʼn mens sien hoe Moloi met ʼn mandjie vol kruideniersware uit die Woolworths-winkel in Glenwood loop en in ʼn Mercedes-Benz-motor klim.
KZN kondig ramptoestand aan ná onluste
Die premier van KwaZulu-Natal het Donderdag ʼn ramptoestand in die provinsie aangekondig weens die omvang van die skade wat tydens die sogenaamde Zuma-onluste aangerig is.
Spesiale nagwaak vir SA in Australië gehou
ʼn Spesiale nagwaak is die afgelope naweek in Perth, Australië, vir Suid-Afrika gehou.
KZN-skool vir gestremdes kaal geplunder
Weens die plundery is die skool nie nou meer in staat om sy minderbevoorregte leerders se honger mae te vul nie.
Skietery oor Phoenix-moorde is vals nuus, sê polisie
Die polisie waarsku sosialemediagebruikers om nie vals nuus te versprei wat geweld kan aanhits of spanning in gemeenskappe kan verhoog nie.
Onluste: Komitee sal klein ondernemings besoek
Die doel van die besoek is om by kleinondernemingseienaars te hoor watter ingryping hulle van die regering verwag.
Kwanalu wil van Mooirivier-tolplaza ontslae raak
Die KwaZulu-Natalse landbou-unie Kwanalu versoek dat die Mooirivier-tolplaza op die N3 tussen Durban en Johannesburg verwyder word weens die risiko wat die ligging daarvan plaas op die volgehoue ekonomie van die provinsie.
R100 miljoen-skade aan Distell-aanleg in KZN
Die maatskappy het die taxibedryf bedank wat sy onderneming tydens die onlangse oproer help beskerm het.
337 nou al dood weens Zuma-onluste
Volgens Ntshavheni word 42 sake van moord in Gauteng en 171 sake van moord in KwaZulu-Natal in verband met dié sterftes ondersoek.
Speaker vra buitengewone debat oor onluste
Thandi Modise het gevra dat die debat so gou moontlik plaasvind.
Brood, melk weer volop ná onluste
“Bakkerye is weer oop en brood, wat sedert die onluste skaars was, is sedert die naweek weer volop. Melkvoorraad is ook weer beskikbaar en suikermeulens is sedert Saterdag weer in aksie.”
Publiek gewaarsku teen vleis van Hammarsdale-pakhuis
Die pakhuis is ʼn paar keer aan die brand gesteek tydens oproer in die provinsie.
Kenners op pad na Noordkus oor visvrektes
Groot hoeveelhede onkruiddoders, swamdoders en plaagdoders was in ʼn pakhuis gestoor wat verlede week gedurende onluste aan die brand gesteek is.
Intelligensieverslag oor oproer bestaan dalk nooit
Die EFF sê as die regering inligting oor die opstand gehad het – en niks daaraan gedoen het nie – sou dit verraad wees.
Video: Boodskap van hoop teen Tafelberg
“Ons moet dié veronderstelling dat ons net hulpelose mense is heeltemal omvergooi, want ons is kragtig as ons saamstaan. Om dapper te wees beteken nie jy is nie bang nie, dit gaan daaroor dat jy bang is en steeds opdaag soos jy is.”