2016 nou bietjie langer

Foto: NASA

Foto: NASA

As dit op Oujaarsaand gaan voel of die tyd bietjie sleep om by Nuwejaar uit te kom, is dit nie jou verbeelding nie.

Dié dag, en dus die jaar, gaan effens langer wees as gewoonlik – ’n hele sekonde. Dié aankondiging is deur die Amerikaanse Vlootobservasie in Washington gedoen.

Met die skrikkelsekonde wat bykom, word die aarde se amptelike tyd weer in pas gebring met die werklike rotasie van die aarde. Die aarde se rotasie wissel soms weens ekstreme geologiese en weerkundige gebeure.

Tegnologie speel ook ’n rol om die tydsaanpassings so akkuraat as moontlik te maak. In 2014 is ’n nuwe atoomhorlosie, die NIST-F2 bekend gestel wat drie keer meer akkuraat as sy voorganger is. Die nuwe atoomhorlosie sal in 300 miljoen jaar nie ʼn sekonde wen of verloor nie.

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Bosbok ·

Wonder hoe het hulle daarby uitgekom dat die atoomhorlosie in 300 MILJOEN JAAR nie n sekonde gaan wen of verloor nie?? Wat gaan hulle nogal gebruik om te kyk of hy sy tyd hou? Nog n attoomhorlosie?

Otter ·

Die atoomhorlosie se akuraatheid is gebaseer op ‘n (teoreties voorspelde) vaste frekwensie wat uitgestraal word deur elektrone van die Cesium atoom. Goed soos ‘n terugvoer beheerlus en ‘n omgewing van lae, stabiele temperatuur skakel foute uit.
Die meter word weer gedefinieër as ‘n spesifieke veelvoud van die golflengte van uitstraling van ‘n spesifieke Kripton isotoop.

Theuns ·

Die lewe is kort en die ewigheid is lank, so lank soos die tydhouding van ‘n Atoomhorlosie. Sal dit nie lekker wees as ons net oor tegnologie kan praat nie en glad nie oor politiek nie? Herman ek het ‘n paar intresante onderwerpe wat ek graag met jou wil bespreek. Ongelukkig is ek nie op twitter of facebook nie. Die onderwerpe is SPACE TIME, DIE SPOED VAN LIG, LIG JARE, KORTPAD NA ANDER HEMELIGAME, DIE UITWERKING VA N SWAARTEKRAG OP DIE MENSLIKE LIGAAM en ander vrae oor die SKEPPING! Hoe doen ek dit en het jy tyd? Groete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.