360 grade-foto’s op Facebook

Met Facebook se nuwe 360 grade-foto's gaan jy foto's kan sien soos nog nooit vantevore nie

Met Facebook se nuwe 360 grade-foto’s gaan jy foto’s kan sien soos nog nooit vantevore nie

Facebook het Donderdag ʼn splinternuwe kenmerk op Facebook beskikbaar gemaak vir gebruikers om 360 grade-foto’s op te laai.

Buiten die foto’s wat met ʼn spesiale kamera geneem is, kan panorama-foto’s, wat met ʼn gewone selfoon geneem is, ook omskep word in 360 grade-foto’s op ʼn gebruiker se Facebook-blad.

Die foto’s is beskikbaar op toestelle wat virtuelewerklikheidstoepassings kan akkommodeer, het Facebook verduidelik.

Voglens die sosiale netwerk kan die foto’s op die webwerf gesien word en met die jongste weergawe van die Facebook-app op Android en iOS.

Neem bloot ʼn panorama-foto met jou selfoon en plaas dit op Facebook soos ʼn gewone foto. Die sosiale netwerk sal dan outomaties die foto verwerk in ʼn 360 grade-foto wat jou vriende kan ondersoek, net soos die 360 grade-video’s waaroor Maroela Media vroeër berig het. Draai bloot jou selfoon in die rondte om die foto te ondersoek, of klik en skuif met jou rekenaarmuis oor die foto rond.

Dié foto’s kan maklik op jou Facebook uitgeken word: kyk bloot na die kompas-ikoon op die regterkant van die foto.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.