900 miljoen aktiewe WhatsApp-gebruikers

Argieffoto

Argieffoto

Jan Koum, uitvoerende hoof van die teksboodskapdiens, WhatsApp, het bevestig dat hulle die mylpaal van 900 miljoen aktiewe maandelikse gebruikers gehaal het.

Mark Zuckerberg, stigter van Facebook, het Jan se nuus op Facebook gedeel en hom, sy span, en “die hele gemeenskap” gelukgewens met dié prestasie.

Facebook het WhatsApp in 2014 vir $21.8 miljard aangeskaf en die webwerf se gewildheid neem steeds toe.

Facebook het onlangs aangekondig dat hy die kerf van 1 miljard gebruikers per dag oorgesteek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.