Apple-emotikons nou ‘veiliger’

Foto: popsci.com

Foto: popsci.com

Apple-gebruikers kan eersdaags uitsien na ʼn beduidende verskil in dié vervaardiger se emotikons, wanneer die jongste iOS 10 beta 4-sagteware afgelaai kan word.

Die vervaardiger het vandeesweek in ʼn verklaring gesê meer as 100 veranderinge is aan die lys emotikons aangebring.

Volgens Apple is dié verandering daarop gerig om te verseker dat “die gewilde emotikons mense se diversiteit oor die wêreld heen weerspieël”.

Een van die grootste veranderinge is onder meer die weglaat van die vuurwapen-emotikon. Apple het bevestig dié emotikon is verwyder byna ʼn jaar nadat die #DisarmTheiPhone-veldtog, wat gelei is deur die voorspraakgroep, New Yorkers Against Gun Violence, begin het.

Die emotikon word met ʼn waterpistool vervang.

Gebruikers kan onder meer uitsien na ʼn groter verskeidenheid velkleur, vroue in meer professionele rolle en emotikons met meer detail.

Bron: Apple

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Braam ·

Mense mis nou heeltemal die punt van ‘n emotikon. Dit is gemaak om jou tik-ervaring te vergemaklik, deurdat dit die uit tik van woorde weg laat. In plaas daarvan om “haha” soos ‘n aap te tik, gebruik mens net ‘n laggende emotikon. Hoekom nou alles wil meng met ras en geweld. Genade, die wereld is so lief daarvoor om alles uit perporsie te gaan ruk.

Otter ·

Simbole is belangrik vir mense. Het die betekenis van die wapen simbool verander, of probeer Apple mense se “woordeskat” in ‘n rigting stuur?

john samuel ·

Ek is nogals dankbaar ek het van al my apple produkte ontslae geraak! Tablet, fone…
#SamsungForTheWin

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.