Australië ‘skuif’ noord

Australië (Foto: BBC)

Australië (Foto: BBC)

Australië gaan sowart 1,8 meter noordwaarts “skuif” op Nuwejaarsdag volgende jaar.

Die BBC het die afgelope week berig dié kontinent skuif jaarliks bykans sewe sentimeter weens vastelandskuiwing.

Dié beweging van plate, wat al etlike jare plaasvind, het mettertyd veroorsaak dat daar ʼn beduidende verskil is tussen die plaaslike koördinate op kaarte en die globale koördinate in digitale navigasiestelsels, wat afhanklik is van satelliete.

Dan Jaksa, ʼn geowetenskaplike in Australië, het aan die BBC verduidelik dié skuiwings het al ʼn verskil van minstens 1,5 meter in plaaslike en globale koördinate veroorsaak.

“Om te verhoed dat die verskil jaarliks net groter en groter word, gaan die kontinent se plaaslike koördinate aan die begin van elke jaar aangepas word met sowat 1,8 meter,” het hy gesê.

Dit gaan reggekry word deur die lengte- en breedtegrade van die plaaslike koördinate aan te pas.

Jaksa sê die akkurate koördinate is veral belangrik vir die vooruitgang van tegnologie.

“In Australië is daar byvoorbeeld reeds trekkers wat nie deur ʼn mens bestuur word nie. Akkurate koördinate is dus belangrik om te verseker dat sulke tegnologie reg werk.”

Hy sê die plaaslike en internasionale koördinate sal na verwagting teen 2020 ooreenstem. Dit sal ook die eerste keer sedert 1994 wees wat dié koördinate ooreenstem.

Jaksa sê daar word ook gewerk aan ʼn stelsel wat teen 2020 geïmplementeer sal word om met beide die plaaslike en globale koördinate tred te hou, ten spyte van skuiwings.

Bron: BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

matie willemse ·

Trekkers sonder bestuurders!!!!wat ‘n plesier om so te boer, ai SA word wakker, die koordinate is lankal seker gesteel by ons, dit is seker hoekom ons nie dit kan bewerkstellig nie.

Jan maak n Plan ·

Matie lyk my jy dink ons is agetr – toe nie ou maat toe nie. Die meeste groot boere gebruik in SA al outo steer. Jy sal verbaas wees wat hierdie toestel alles doen.

Karma ·

Damn! Kan “Down Under” nie net ‘n bietjie vinniger ‘move’ nie – dan kan al die SAners wat nog nie daar is nie, sommer net lekker oorloop soontoe, soos die onwettige immigrante uit Zim en Mozzie na ons toe oorloop! Teen dié spoed sal ek al ‘six feet under’ wees teen die tyd wat “Down Under” dok by Durban! :-)))

Ekwilibrium ·

NOORD my engel; ons lê derduisende kilometer reg WES van Aussieland…

Ekwilibrium ·

Kry vir julle Aussies; nou skuif julle skoon onder Asië se alie in! En julle sê dis die Asiate wat alles by julle oorneem? Julle wat al die jare soveel te sê gehad het oor ons as rassiste…

mujaliva ·

Equalibrium, die Auzie sal vir hom kry ja! Die asiate is n baie kleiner probleem as joune ou maat!

Nico ·

Hoekom moet die ko-ordinate 1,8m per jaar skuif as die kontinent self net 7cm per jaar skuif?

Paul Hogan ·

Die ko-ordinate was nooit aangepas nie. Nou vang hulle op.

Theresa ·

Gaan vliegkaartjies nou duurder word om op te maak vir die 1.8km?

Zumie ·

Ek sal nie graag een oggend wakker word en sien dat China my buurman is nie…..

Frans C ·

Cape York (Australië) is 150 kilometer van Papa New Guinea af .Teen 7cm per jaar sal dit meer as 200 000 jaar neem. Teen 1.8 meter so’n 830 jaar. Teen watter spoed dit skuif is nie duidelik nie maar daar is geen rede teen enige van die twee vir bekommernis tans nie ,reken ek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.