
Foto: NASA
Nasa het Dinsdag ʼn foto vrygestel van ʼn bergreeks op Pluto.
Dié foto is een van die foto’s wat Nasa se New Horizons-tuig afgeneem het toe dit op 14 Julie naby aan Pluto verbybeweeg het. Die foto het die aarde ses dae later bereik.
Die berge is moontlik dieselfde hoogte as die Appalachiese gebergte in Amerika.
Dit is die tweede bergreeks wat New Horizons op Pluto afgeneem het. Die Norgay Montes (Norgay-berge) is op 15 Julie ontdek en is so hoog soos die Rocky-berge.
Klik hier om meer te lees.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Dis nie ‘n bergreeks nie maar ruimtestasies,