Betroubare nutsmanne met die druk van ʼn knoppie

Foto: GetTOD

Foto: GetTOD

ʼn Nuwe app, wat in Suid-Afrika ontwikkel is, bied jou maklike toegang tot betroubare nutsmanne, loodgieters, elektrisiëns of slotmakers.

GetTOD (“Get Tasks on Demand”) is 24 uur beskikbaar en jy hoef dus nie enige van die nutsmanne vooraf te bespreek nie. Jy kan boonop gebruikers se resensies oor die betrokke nutsman of diensverskaffer lees om te bepaal of die persoon bevredigende en betroubare diens lewer.

Die diens is tans beskikbaar in Kaapstad, Johannesburg en Pretoria.

Boonop hoef jy nie die diensverskaffer self te betaal nie. Jy kan jou kredietkaartbesonderhede veilig op die app stoor en die betaling geskied dan deur die app sodra die diens gelewer is (soortgelyk aan die gewilde Uber-taxidiens wat talle Suid-Afrikaners gebruik). Fakture word dadelik per e-pos aangestuur.

Volgens die maatskappy word alle diensverskaffers vooraf goedgekeur en noukeurig gemonitor deur die kliëntestelsel. “Hoë standaarde word gewaarborg,” sê die maatskappy.

Die app stel jou ook in staat om via GPS die betrokke verskaffer te volg tot hy by jou deur is, met kontakbesonderhede indien jy met die persoon in verbinding moet tree.

“Ons het lae gestandaardiseerde uurlikse tariewe in elke dienskategorie, so daar is nie enige verrassings ná ʼn diens gelewer is nie,” het die ontwikelaars van die app bygevoeg.

Die app is gratis beskikbaar op vir Apple en Android-slimfone.

Gekwalifiseerde diensverskaffers kan ook by GetTOD registreer.

“Dit was vir my baie belangrik om presies te sien wie ek in my huis gaan toelaat,” lui ʼn resensie van een gebruiker, Brenda van Kaapstad. “Ek kon sy foto sien en sy diens beoordeel.”

Kenneth van Johannesburg meen: “Die app is maklik om te gebruik en die loodgieter was vinnig en doeltreffend.”

Volg GetTOD op Facebook en Twitter of besoek die webwerf

Laai die app af: Apple, Android

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

blommie ·

aitsa!!!!! dis nou n gemaklike manier om hackers en diewe om jou bank en kredietkaart klaar gestoor te kry sou hulle jou foon gaps. nee dankie vir hierdie toep. ek werk maar ou skool en bel n betroubare persoon en betaal per kontant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.