Bewyse van Mars-waterreservoir op aarde gevind

Spoelklippe in ’n antieke stroompie wat Curiosity op Mars ontdek het

Spoelklippe in ’n antieke stroompie wat Curiosity op Mars ontdek het

Nasa berig dat wetenskaplikes wat meteoriete bestudeer wat van Mars afkomstig is, bewyse gevind het daarvan dat Mars oor ’n beduidende waterreservoir onder sy oppervlak beskik.

Die internasionale span Nasa-wetenskaplikes se bevindings is in die vakjoernaal, Earth and Planetary Science Letters gepubliseer. Die navorsing kan lig werp op wat van die water en ys geword het wat eens ’n redelike groot hoeveelhede op Mars se oppervlak aanwesig is. Die studie van meteoriete van Mars-oorsprong van verskillende ouderdomme, het getoon dat die meteoriete voorheen aan water blootgestel moes gewees het. Die isotope verskil van dit wat nou in waterdamp in die atmosfeer van mars aangetref word.

Die bevindings is ook geskoei op inligting wat van wenteltuie om Mars bekom is, en wat onder meer foto’s insluit van water- en yswerking. Die navorsers sal graag nog meer meteoriete wil vind wat van Mars afkomstig is.

Hierdie inligting is van groot waarde vir toekomstige bemande sendings na Mars wat vanaf 2030 beplan word.

Lees ook Nasa se mediaverklaring hieroor.

Foto: Spoelklippe in ’n antieke stroompie wat Curiosity op Mars ontdek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.