’n Verskynsel op die oppervlak van Pluto wat soos ‘n bytmerk lyk, is verklaar.
Volgens Nasa is dit nie een of ander ruimtemonster wat eens aan Pluto kom knibbel het nie. Die merk is veroorsaak deurdat die metaanryke geyste oppervlak op hierdie plek in gas omgesit het sonder om deur ’n vloeibare stadium te gaan, en die harde oppervlak van hoofsaaklik waterys daaronder blootgestel het.
Die proses staan as sublimasie bekend, en is ook die proses wat plaasvind wanneer ’n komeet die son nader, en die vrygestelde gas met stofdeeltjies daarin vasgevang, die bekende koma vorm.
Lees meer: Christian Science Monitor
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Ruimte Monsters? Wat n grap
Ek het geweet daar bestaan vlieende pierings maar het nie geweet die monsters in die pierings is so groot nie. Wys jou nou net. Ek sidder om te dink dat hulle nog op die aarde ook ‘n draai kan kom maak! Wonder net waar bly hulle?
Ja, dis ‘n verwonderde verskynsel. Die metaangas kom seker van die monster af toe hy klaar geeet het.
Dit sal goed wees as hy by Suid Afrika ‘n draai kom maak, dan kan hy sommer gaan knibbel by die wat verantwoordelik is vir al die moorde in die land.
Ai.. die “monsters” in die berig is as grap genoem!