Nasa se Curisity-tuig wat hom reeds ’n stywe ent teen berg Sharp se hang op bevind, het op ’n stuk grondbodem afgekom wat drie tot vier keer soveel water bevat as enige ander plek waaroor die tuig op Mars gery het.
Die plek staan as die Marias Pass bekend, en Curiosity het verskeie weke die gebied, wat ongewoon baie silika en waterstof bevat, bestudeer. Die tuig het ook sy boor ingespan, en terwyl die tuig nou verder beweeg, word die materiaal wat losgeboor is verder in die laboratoria aan boord ondersoek.
Die gebied wat ondersoek is word as ’n geologiese kontaksone beskryf.
Meer inligting by Astronomy.com
Dankie Herman. Ek hoop hul gaan n lewende organisme vind!
Ek dink kanse daarop is skraal, maar water vind is bemoedigend vir toekomstige bemande Mars-missies.
Hoe kan mens regtig vir Nasa glo? Gaan kyk bietjie op youtube, daars verskeie videos wat wys hulle was nog nie by die maan nie. Met n knippie sout…
Ek glo eerder vir Zuma voor ek die Amerikaners en hulle speelgoed glo
Lol ..